[Foto’s] Taxi-staking: Motorfietsryer ernstig beseer

Foto: Twitter via @Ewnreporter.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Donderdag gesê die taxi-staking wat wydverspreide chaos op Gauteng se hoofweë veroorsaak het, moes beter deur die owerhede hanteer word.

“Volgens berigte is sommige taxi’s al van 03:00 af besig om paaie te versper. Die vraag moet gevra word hoekom dit toegelaat is?” het die AA gesê.

Die AA het motoriste wat deur die stakings geraak is aangeraai om die areas ten alle koste te vermy. “Indien jy êrens vassit moet jy so kalm as moontlik probeer bly. Die eerste reël is om jouself nie in ʼn situasie te plaas waar jou veiligheid in gedrang kom nie. Gebruik sosiale media om die vordering van die staking dop te hou. Ons maan ook alle werkgewers om in gedagte te hou dat dit nie vir alle werknemers moontlik is om vandag by die werk uit te kom nie.”

Die AA het verder sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop die taxi-organisasie Santaco sy planne met die publiek gedeel het. “Santaco het net genoem dat hy ʼn memorandum aan die direkteure van South African Taxi Finance in Kerkstraat in Midrand gaan oorhandig. Die boodskap is misleidend. Hulle moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die chaos wat vandag op die paaie losgebars het,” het die AA gesê.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het intussen aan Maroela Media gesê ʼn man is omstreeks 08:00 ernstig beseer toe sy motorfiets ʼn groot klip wat glo deur stakers in die pad geplaas is, getref het. “Die man is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Dollman gesê. Die voorval het op Allendaleweg plaasgevind.

Intussen kom daar steeds wydverspreide chaos op die paaie voor met taxi’s wat steeds talle kruisings en paaie versper.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Dirk Breytenbach ·

Stakings op hierdie skaal grens aan sabotasie. Wat van die regte van nie-stakers?

Louese ·

Ek persoonlik dink daar moet drastiese stappe teen die taxi vereeniging geneem word hoekom moet daar toegelaat word eerstens om die hoofweë af te sper dit is nie die eerste keer en sal ook nie die laaste wees nie die land is in chaos gedompel en ons intillegente regering doen absolute niks daar omtrent nie

Inge ·

Louese, ek stem 100% saam met jou. Hulle moet streng optree teenoor die taxi vereeniging en die taxi’s! Dit is nou “free for all”. Dit stuur die boodskap uit dat enigiemand nou kan doen net wat hulle wil en staak net wanneer hulle wil en hulle sal nie getugtig word nie. Dit is belaglik!

Piet Pompies ·

Die staking gaan oor die buitensporige pryse van nuwe Minibus Taxis wat volgens die wet voorgeskryf moet word vir gebruik. Die Sesfikile Toyota Taxi kos R401 000. Dit beteken vir enige persoon, besigheid of instansie wat ‘n nuwe Taxi op die wil sit kos dit R401K. Of jy nou kontant koop, huurkoop of die geld leen, die bedrag moet verhaal word. In kort, op huurkoop is dit omtrent R9K per maand sonder versekering. Werk maar gerus uit hoeveel keer moet jy op ‘n dag ry om R9K se wins per maand te maak, uitgesluit jou brandstof koste. Ek keur nie die optrede van die Taxi eienaars goed, maar hulle rede vir ‘n staking is geldig.

Katryn ·

Ja, dis duur. Maar enige bussie is duur. Ek wou nou vir my n nuwe kar koop, raai wat, n piepklein kar kos ong 200 000. ‘n gemiddelde kar kos ong 300 000. ‘n minibus kos ong 400 000. Mens noem dit inflasie, toegeskryf aan swak ekonomie. Maar ja, ek sal glo as iemand iewers aan’t knoeie is…

Wessel ·

En so sal daar natuurlik namens die Taxi bestuurders veskonings gesoek word. Hulle staking is glad nie geldig nie.

JJL ·

Elke besigheid het inset kostes, hoe is dit anders vir taxi’s?

Anti Taxi ·

Hulle maak tot R100 000 per maand wins SONDER om een sent belasting by te dra.
Ons betaal net so duur vir ons karre en betaal belasting.

Anoniem ·

Minibusse veroorsaak absolute chaos op die paaie en en kos SA jaarliks BILJOENE a.g.v Padongelukkefonds eise en ek moet jammer voel vir iemand wat kla oor sy taxi se prys? Vergeet dit!

Johann ·

Piet Pompies?????? Geregverdig? Dan seker hul verklarings en verduidelikings van hulle misbruik van die paaie wat BELASTING geld voor betaal? En NOOD dienste wat hulle.ongelukke en verwoesting en dood moet cover? Taxis betaal nie tolgeld nie…waarskeinlik GEEN belasting van watter aard ook nie? Maar hulle is geregverdig in hulle SELFSUG ter wille van hulle arrogante mags vertoon…ten koste van totaal onskuldige mense en n ekonomie? Selfde staat as ek bly n TAXI MAGNAAT! Hy en sy xtended infrastruktuur. TWEE huise KONTANT gekoop, n FORD MUSTANG…n GOLF Gti (R), n AUDI TT, RANGE ROVER…dís wat die Taxi Magnate oor moan en “staak”! Maar ons het net GEEN meer gevilge vir aksies 8n SA nie…terrorisme en anargie het hulle aan bewind gekry…en moet hulle daar hou. MAAR nou byt die skoothindjies hulle hand pop Zumaikies…en ons moet toekyk.

Sophia ·

Stem nie saam nie Piet Pompies… Die rede vir die hoë koste van die Toyota Quantum (en eintlik alle voertuie) is REEDS as gevolg van al die stakings wat in Suid-Afrika plaasvind! Hulle staak vir meer geld, dit hou partykeer maande aan… Dan staak hulle weer omdat hulle nie vir die vorige staking hulle volle salarisse gekry het nie…. Vanwaar moet hierdie kostes en nie-produktiwiteit verhaal word, as ek mag vra??

Magda ·

Piet Pompies, so maw ek voel my VW polo is te duur, dan het ek ook die REG om te staak?

koos ·

Probleem? Taxis maak SAKKE VOL GELD. Werk self uit. Roundtrip JB middestad tot by Sofia town – R6. 12 mense per trip hulle ry nie as die taxi nie vol is nie. 12 x 6. = 72 vir een trip. Kom ons se 8 trips per dag = 72 x 8 = 576. Kom ons se 25 dae van die maand. 576 x 25 = 14 400. En dis konserwatief geskat want die meeste taxis ry tot 20 keer of meer per dag dieselfde paadjie. Dan bly die lummel nog in die lokasie en trek staatsubsidie as arme. Hulle kry daai geld pasella betaal nie belasting of tolgelde of niks nie. Neewat, kry hulle nie jammer nie. My ma moet wegkom met R3 300 pensioen en sy blok niemand se pad nie.

Astrid ·

Ek verstaan die is nie die regte platform om my navraag te rig nie maar ek kry nêrens anders antwoorde nie – ek wil graag weet hoe gaan dit ons vanmiddag affekteer opad huis toe? Soos ek verstaan is die staking tot en met 15h00 ”goedgekeur” en sal hopelik teen dan afgehandel wees maar hoe affekteer dit die paaie daarna??

Nettie ·

@Astrid – jy kan maar verseker weet jy gaan omtrent tot 21:00 of 22:00 vannag nog sukkel om tuis te kom! Is daar nie ‘n alternatiewe roete wat jy kan gebruik om van die werk huistoe te gaan nie? Anders sal jy maar moet oorslaap – in jou kantoor of by vriende, of ‘n gastehuis of hotel. Laasgenoemde klink maar vir my die wysste – maar dit is natuurlik net moontlik as jy nie kinders het na wie daar omgesien moet word ens. nie.

Pieterlewismuts ·

Hierdie is anargie in die ergste graad.
Weereens n bewys dat die taxis die houding het dat paaie vir hulle uitsluitlik doel daagestel is.
As ek so iets as indivudu sou probeer sal ek baie vinnig gearresteer en agter tralies beland vir die naweek en my voertuig geskut word.
Na alle.geregtigheid moet alle taxis dryers nou gearresteer word, agter tralies beland om dan volgende week verantwoording doen vir hul optrede en die geldigheid al dan nie van hul drywerslisensies.
Die taxis self behoirt geskut word, dan behoorlik nageslaan word vir padwaardigheid.

Slegs nadat alle betrokke boetes betaal is moet drywers en taxis gelos word.

Anargie op hierdie skaal kan NIE TOEGELAAT WORD NIE.

Vrae moet in die Parlement gevra en beantwoord word.

Willem ·

Brand! Plinder! Dit is die lied van ons Suid Afrikaaaaaaaaa!

Linda ·

Die hoë rentekoers wat taxi-eienaars op lenings betaal het niks met die publiek te doen nie.

LMF ·

Ja so ook is ek n victim van onbesonne mense vir die soveelste keer moet ek n dag se verlof insit vir iets buite my beheer die paaie om my soos die daspoort tonnel en DF Malan word noueers oopgemaak en ek het n dag gemors ek hoop ook regtig die moterfiets ryer is nie erg beseer nie en dat hy die taxi vereeniging sal dagvaar want sy ongeluk is op hul skouers

Marius ·

Die mentaliteit van ‘n stout kind wat ander kinders se speelgoed breek as hulle nie hulle sin kry nie……

christa Nagel ·

Het seker nog nie genoeg skade aan ons land se ekonomie gedoen nie. Ander mense moet maar betaal of hulle wil of nie , of daarsonder bly, maar andere wil net eise stel en ons regering keur dit goed. Waar is die polisie vandag? Horaa vir Piet Pompies, ‘n nar van format. Hy doen sy naam gestant

Annakapat ·

Ek wil ook graag ‘n sekere motor ry maar as ek dit nie kan bekostig nie, kan ek nie gaan staak en ander mense se lewens in gevaar stel en ‘n hele land omver werp omdat ek nie my sin kan kry nie! As jy nie die R400 000.00+ het om een te koop nie kan jy nie een ry nie! Dis so eenvoudig soos dit.

Annakapat ·

… en almal wonder oor ons sogenaamde “junk status”…

zis ·

Gewone motoriste moet altyd om paaie neem,terwyl die taxi menere doen wat hulle wil,ons betal immers belasting om al die paaie te gebruik. Zuma is te papbroekig om iets te doen en om die land te regeer.

Wessel ·

Die person wat hierdie goedkeuring gegee het behoort aangekla te word van nalatigheid.

Eddie ·

Waar is daai groot bek minister nou wat gese het geen geweld sal geduld word nie en hy gee SAPS reg om te skiet, bring die ou weermag en vee hulle weg.

KP ·

Hierdie optredes is niks as oefeninge om die mense in te hok en sekere mense toegang te weier in sekere dele van die gebied en dan daar binne te maak wat hulle wil. Hulle noem dit georganiseerde terrorisme.

Leon van Rensburg ·

Dit is die inoefening vir die groot akkies wat beplan word. Kordoneer en vernietig, soos iemand wat min of meer op dieselfde golflengte as ek is se, ons het altyd die ander wang gedraai, ‘n mens kan jou wang net soveel keer draai?

Merissa ·

KP ek dink jy slaan die spyker op die kop!! Kyk dinge mooi uit vir die groot slag om te slaan!!

Piet Pompies ·

‘n Minibus Taxi se eienaarskap of aankoop kan nie vergelyk word met ‘n privaat voertuig se eienaarskap of aankoop. Mense koop privaat volgens hulle behoefte en inkomste. ‘n Minibus Taxi word gekoop om gemiddeld 12 to 16 mense daagliks by hul werk af te laai en dan vanmiddag weer huis toe te vat. Hierdie diens is nie vir gerief maar ‘n noodsaaklikheid en die passasiers voeg waarde toe tot ons land se ekonomie. Minibus Taxis behoort heelwat goedkoper te wees, dit sal beteken dat daar meer nuwer en veiliger Taxis op ons paaie sal wees.

Hanna ·

Die taxi bedryf is soos enige ander besigheid jy het kapitaal nodig om dit te bedryf …. as jy dit nie kan bekostig nie dan kry jy vir jou iets wat jou sak pas.

koos ·

mens sal sweer taxis ry net oggend en aand om mense werk toe te vat en terug. was jy al in pretoria of johannesburg middestad? hulle ry HEELDAG tjomma.

Lance ·

Sekere mense maak somme wat so ń bussie met versekering jou kos,maak ń bietjie ń som vanwaar sommige fabrieke/maatskappye 24ure inbedryf moet bly,hulle masjiene moet afskakel agv.geen aflos nie want hulle mag net 12ure skofte werk met toestemming

Emily ·

Transport Minisister condemns what is happening with taxi strike. Maar word daar iets aan gedoen, NEE hulle kom mos weg met alles.
Waar is ons minister, hy gee glad nie om nie, ek dink hy geniet dit. Hier is geen wette in die land nie.
Klomp uitvaagsels.

Joesoap ·

In plaas daarvan om myne en plase te wil nasionaliseer of onteien kan die regering gerus eerder taxis nasionaliseer.
As die nou witmense was wat betoog het was die weermag al ontplooi. Die veiligheidsmagte se plig is om te verseker dat protesaksie nie gewone burgers se lewens en veilgiheid raak nie. As dit boere was sou hulle al goed begin wegsleep het.

Wouter ·

Dis tyd vir dissipline Weermag sleeptrokke moet ingespan word Gooi hulle op n hoop vir skroot Dan sal jy sien hoe vinnig hulle verdwyn

WILMA ·

PIET POMPIES gaan koop vir jou n TAXI jy praat deur jou ore! Dit klink eerder of jy alles wat hulle doen goedkeur rock off!!

Katrien ·

Die Taxis het die land onder hulle duime net soos die Guptas die land onder hulle duime het. Piet Pompies, ek stem nie saam met jou nie. Die mense kan van busse of treine gebruik maak maar lees my eerste reel mooi. Hulle regeer en die mense is bitter bang vir hulle. Die taxis maak net soos hulle wil en steur hulle gladnie aan padreels nie.

Hentie ·

Waar dink hulle moet die rou materiale vandaan kom om die Taxi’s van te maak? Kyk hoe styg die staal prys van Mittal deur die dak self na hulle van price-fixing beskuldig word! Dis kos elke jaar meer en meer om die Taxi te bou, ek glo hulle wins is nie veel op die Taxi soos dit nou is nie. Somtyds wonder ek of die ouens dink geld val uit die lig uit of as jy nog soek kan jy maar net print? Stuur af om op te eindig soos Zimbabwe

ronel ·

En so word al die aandag van Zuma en travante afgelei……baie slim….

Leon van Rensburg ·

Die film van destyds som dit mooi op, “wag the dog”, met Dustin Hoffman en Robert de Niro

Arie ·

Hulle wil alles verniet hê, maar hulle baklei met die verkeerde mense, dis hulle president se skuld dat ons land ‘n gemors is!!

Ella ·

Ek stem Wilma. Piet Pompies jy het nie n idee waarvan jy praat nie. Met jou siening moet my besigheid trokke ook goedkoop kry. Want ons lewer ook n diens aan die land. En as ek nie my produk kan vervoer nie kan ek nie aan die 12 tot 16 mense op die taxi werk voorsien nie. So dan het hulle nie nodig om n taxi te ry nie want daar is nie werk om te doen nie. Onthou die een hand was die volgende.

Lou ·

Wouter, ons sg “weermag” het nie meer dissipline nie. Hulle weet nie eens hoe om dit te spel nie…….

Pie van die Sky ·

Besef gemiddelde Suid Afrikaners dis eintlik Anargie of is hulle almal steeds in ontkenning?

Winston ·

Dit lyk so as n sekere groep mense alles toe eien. Die versperring van paaie is nog steeds onwettig. Dit is soos anargie lyk mense. Het dit so gelyk toe boere droogte hulp moes kry? Het dit so gelyk oor n regering wat korrup is?
Ek hoop die motorfiets ryer gaan sivielregtelik iets regkry en spoedig herstel. Ons moet NOU wakker word. Dit is reeds te laat.

Stephanie ·

Genadige vader….
As julle wil “strike” doen dit, MAAR hoekom paaie versper en tekere gaan. Parkeer net julle taxi by die eienaar se huis of waar die goed ookal parkeer word wanneer julle dit nie gebruik nie en moet niemand nerens heen vervoer nie. Dit sal al klaar genoeg probleme skep. Hou op om onskuldige pad verbruikers by julle probleme te betrek!!!!

Linda Koekemoer ·

Ek haat dit. Poging tot moord. Hul Wil als verniet he.

christa Nagel ·

mooi so Piet Pompies jy ry seker ook met daardie onverskillige gevaarlike taxi, vandaar die voorspraak. Skape en bokke word ook met daardie selfde taxi’s vervoer. Daar is ‘n Gauteng trein wat baie veiliger en geriefliker is asook minder ongelukke veroorsaak. Weereens as jy ‘n groter voertuig wil he moet jy dit kan bekostig!!!!!!!!!! en nie wil bakhand staan om elke draai nie.

Cindy Naude ·

Ek wonder ook hkm sulke dinge toegelaat word. Is dit nie ook inbraak op ons grondwetlike reg wat ons weerhou om by ons werk uit tekom nie. Honderde mense is gestrand en sal of n dag se verlof of onbetaalde verlof moet inboet vir ander mense se slimstreke. Mense moet begin verantwoordelik gehou word vir hulle wandade

Sophia ·

Ek stem 100% saam met jou Cindy Naude!! Solidariteit kan namens ons ‘n EIS insit teen die taxivereniging wat vandag se anargie veroorsaak het!!

Piet Pille ·

Motor-fietsryer ernstig beseer deur klippe wat in die pad geplaas is om deurgang te voorkom.
Die unie verantwoordelik vir die “staking” moet aangekla word vir POGING TOT MOORD asook kwaadwillige beskadiging van die pad. Maar nee daar was mos toestemming verleen aan die unie. Sabotasie, anargie, terrorisme dit is wat dit werklik is. Nou die Piet Pompies moes iewers uit ‘n boom geval het en reg op sy … kop? Enige besigheid verg kapitaal om te begin en om te bedryf, waarom moet die bedryf nou anders wees?

Piet Pompies ·

Ek daag enige Toyota handelaar uit om die kosprys van ‘n Taxi gelewer by die handelaar bekend te maak. Onthou die verkoop prys is R401K, volgens my berekening is die kosprys R224K belasting ingesluit, wat die handelaar ‘n lekker vet wins van R176K gee.
Hoe lekker roer die sop nou…

koos ·

en die handelaar het tussen 5 en 8 vakbond werkers wat vyf syfer salarisse EN bonusse eis. bonusse en vyfsyfer salarisse is mos deesdae jou reg. dit geld vir die vakbond werkers en pas gegradueerde wit bondeltjies uit die skuldbult buurte.

Theo ·

Ek weet nie waaroor strike die klomp nie want hulle word gesubsideer deur die staat vir die voertuie asook vir die brandstof.So dit is nou nie dat hulle vir die volle bedrag van die voertuig uit hulle sakke moet betaal nie.

Piet ·

Piet ek kan nie so vinnig kommentaar lewer soos die ander nie, maar ek sien dis nie eintlik meer nodig nie. Jy moet dalk oorweeg dat al die ander mense reg en jy verkeerd is met jou standpunte. Of is jy een van die ouens wat se die lug is geel al se 10 miljoen mense vir jou dat dit eintlik blou is? Mens kan mos nie altyd die land afbreek as jy nie jou sin kry nie?

Magda ·

Ek is seker ons almal voer ons betaal te veel vir ons voertuie, ongeag of dit nou n model C klas MB is of dit n klein Suzuki is, maar staak ons of blokkeer ons hoofweë? Nee want ons is opgevoed en sal toegesluit word die oomblik wat ons dit wel doen. Metro het geen beheer, regering lankal beheer verloor.

koos ·

Dalk moet hulle bietjie dat die ANC al die belastings skrap op die goed voor dit ingevoer word. My kar kos R77 000 in die VSA by die handelaar. Dis reg, dis Rand prys in die VSA ten spyte van die sleg Rand. Hier kos my eie kar R162 000. Daar is my kar ‘n tjiep low income karretjie. Hier is my kar ‘n middelklas kar. Mind you nie soos sommige BMW en Merc bestuurders ry nie. Vir hulle bly my kar seker maar ‘n tjiep low income karretjie.

Walter ·

Inflasie inflasie noem n mens dit. in 1994 was die Rand/ Dollar wisselkoers R3.65=$1
vandag is Rand/Dollar koers R12.87=$1 =350% verswakking in 17 jaar.
Dit is die prys wat ons almal betaal vir swak bestuur.
ons betaal die gelag elke dag in al wat ons maak, so gooi die land maar plat dan betaal hulle
oor n rukkie R500.000,- vir n taxi

Daniel ·

Hierdie is my persoonlike siening van die situasie in RSA. Nou hoe anders kan die land oorskakel na volle anargie? “kill the farmer, kill the boer, die land sal brand,ons wil ons grond terughê” word gegroet met ‘n hê-hê-hê. Dan word daar gepraat van versoening? Al die stakings, moorde en misdaad is net om die land onregeerbaar te maak. En diegene agter dit alles lag want hulle het reeds biljoene in die sak gesteek. Sedert 1994 is die land net besig om agteruit te gaan en is op die stadium nie ver van “in sy m… in” nie. Daar sal niks aan die Taxi’s gedoen word nie want hulle doen net wat van hulle verwag word. Die huidige beheer van die land sal nog verander want daar is gunsies en gawes van die verlede wat nou kom aanklop om ook gunsies en gawes te kry. Wat die SANDF aanbetref glo ek nie hulle dwing respek af by enige land in Afrika nie, nog minder in die wêreld. Ons arme SAPD is nie veel meer as “buurtwag” in uniform nie. Hulle word nie meer toegelaat om doeltreffende Polisieëring te doen nie. Waar is die dae toe “A-politiese status” ‘n vereiste was? Ek sien geen verligitng van die huidige situasie in die nabye toekoms nie en dan is ek baie optimisties.

Daniel ·

Aan die anderkant, as ‘n klomp motorfietse op ‘n “breakfast run” kan gaan, kand die Quantams dit seker ook maar doen, nie waar nie?

A. Mac ·

Ek hoop dat elke persoon wat negatief deur hiedie optrede, of enige ander optrede wat aan kriminele aksie grens, sal optree en die skuldiges, m.a.w. die leiers wat sulke aksies voorstel en uitvoer, voor die hof daag en vergoeding eis. Die mense kom met te veel weg en niemand blyk iets te doen omtrent die situasie behalwe om te praat daaroor. Ek dink die tyd van praat en net aanvaar wat gebeur is verby

C'est la vie ·

Why do they need to buy a new taxi, there are hundreds of these “pre-owned taxis” for sale. Look at the number of repossessed preowned vehicle at banks. – Surely it will costs less than a new taxi and does the same job? Also why is competition not allowed in the Taxi market, operate as a closed monopoly. Well C’est la vie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.