[Foto’s] Taxi-staking: Nóg polisiebeamptes ontplooi

Polisiebeamptes word ontplooi om die protesoptog te monitor (8 November 2017). Foto: Twitter via @SAPoliceService

Nog polisiebeamptes is Woensdagoggend ontplooi om betogings te monitor te midde van ʼn taxi-staking en protesoptog deur die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) in Pretoria.

Die SAPD het gesê beamptes van verskillende polisie-eenhede is reeds sedert 02:00 ontplooi na verskillende gebiede in Tshwane en nóg beamptes is later ook bygevoeg. Lede van die Tshwane-metropolisie is ook besig om protesoptredes te monitor.

Verkeer is erg ontwrig deur betogers wat sedert vroegoggend paaie begin afsper het. Volgens die SAPD het ongeveer 20 minibus-taxi’s die Soutpanweg in Soshanguve afgesper en nog taxi’s ʼn gedeelte van die Mabopane-snelweg. Die Molotopad en Denneboomweg is deur taxi’s afgesper en motoriste is gevra om versigtig in hierdie gebied te beweeg.

Paaie in Mamelodi, East Lynne en Soshanguve GG is afgesper en ongeveer 60 taxi’s het by die Daveyton-ingang na Pretoriaweg bymekaargekom. Volgens mediaberigte het taxi’s in Soweto ook paaie afgesper in solidariteit met die staking, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie.

ʼn Vragmotor wat ʼn pad in Mamelodi versper word verwyder (8 November 2017). Foto: Twitter via @SAPoliceService

Die SAPD het op sy amptelike Twitter-profiel gesê hoofroetes, waaronder die N14 verby Diepsloot, die N1-Suid, die R21 by Benoni en die M2 by Germiston, is almal deur die staking geraak. Die SAPD se lugvleuels is ontplooi om hierdie roetes te monitor.

Volgens onbevestigde inligting op sosiale media is verkeer ook geraak op die N3-Noord by die Geldenhuys-wisselaar en op die N1-Noord tussen Soweto en die Beyers Naude-afrit.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het by navraag aan Maroela Media bevestig dat ʼn insleepvoertuig gestuur is om ʼn vragmotor wat ʼn pad in Mamelodi versper, weg te sleep. Hy wou egter nie kommentaar lewer of enige geweld in die stad uitgebreek het en of enigiemand al in hegtenis geneem is nie. “Ons is nou midde-in die operasie. Ná afloop van die operasie sal ons volledige inligting uitreik oor enige inhegtenisnemings of boetes wat uitgereik is,” het hy gesê.

Die SAPD het egter op Twitter bevestig twee taxibestuurders is in Mamelodi in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n metropolisiebeampte aangerand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andre ·

Nou waar is EFF nou om te moan oor die mense wat geaffekteer word? Ek wil graag sien hoeveel taxi bestuurders gaan arresteer word?

Natasha ·

Ja Andre ek wil ook weet vanoggend het hulle die N3 geblok by Vanbuuren, niemand kon verby nie, verlede week toe daar teen moord betoog word, word boere gearrresteer maar die taxi’s mag doen net wat hulle wil!!!!!

Tilla ·

Dit moes vir baie mense verskriklik ongerieflik gewees het wat baie kon glad nie eers by die werk kom nie en moet hulle nou verlof insit as gevolg van hierdie snert – maar ons in Pretoria Noord het behoorlik gejuig vanoggend want ons kon vir ‘n slag betyds by die werk kom aangesien daar geen taxis was nie en die verkeer kon behoorlik vloei. Sal die omgegee het as die roete elke dag sonder taxis kon wees.

dries ·

Ja, di Swart maandag is kritiseer omdat skoliere ni betyds v eksamen was ni…
Maar DIE staking is vooraf gegaan deur n waarskuwing v dept onderwys, om alternatiewe reelings rakend vervoer te tref
NIEMAND het gedink 30 Okt gaan sulke getalle bymekaar bring ni!

Mo(e)ni(e) tor(ring) ·

‘Monitor’ bedoelende ‘kyk net toe’ of menende ‘moenie torring’.

Hanna ·

Het enige iemand dalk n idee waaroor hulle staak? Wonder of hulle self weet…

kobus ·

Kom nou Malema, hoekom so stil? Meet the taxi drivers Toe to Toe!!!!!!!!!

Amanda ·

Ja tipies ne…..sekere reels geld vir net vir sekere mense. G’n wonder ons mense raak galbitter nie.

theo ·

ek stem saam, amanda, ek is al keel vol vir die reëls wat net op sekere groepe toegepas word. Ek troos myself daar aan, ek gaan nie toelaat dat ek na die anc en malema se vlak toe daal nie.

Elize ·

Verstaan nou nie so mooi nie??? Dubbele standaarde of is sekere mense net bietjie confused? Ons sal niemand van die werk af hou nie en ook nie paaie blokkeer nie?????? Nou wat nou???

AP ·

Vir Wat Monitor , hulle staking in jhb is onwettig behoort net in pretorai te wees , waar is wayne minnaar nou

smmernet ·

Ek dog ons mag nie paaie ontwrig nie? Waar is die EFF nou?

Swanna ·

NOU WAT NOU VRA EK VIR DIE REGERING EN BOKWAGTER MALEMA!!!!!!!!!!!!!!!!

Chris ·

Wonder ek ook Kobus. Maar hy het ook gese die snel- en hoofwee behoort aan hulle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.