[Foto’s] Taxi veroorsaak glo blouligbrigade-botsing

Drie voertuie in ʼn blouligbrigade het Donderdagoggend op die M1-snelweg noord van Johannesburg gebots.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die botsing het omstreeks 05:40 op die M1-suid naby die Marlboro-afrit plaasgevind.

“ʼn Polisiekonvooi was op pad om ʼn belangrike persoon te gaan oplaai. Daar was geen belangrike persoon in een van die voertuie toe die botsing plaasgevind het nie en geen private voertuig was betrokke nie,” het Naidoo gesê.

Naidoo het gesê die konvooi was in die vinnige baan van die snelweg toe ʼn minibustaxi skielik voor die konvooi ingedraai het. “Dit het veroorsaak dat die voorste bestuurder skielik moes rem, waarna die ander voertuie gebots het.”

Een beampte is in die botsing beseer en per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Die omvang van haar beserings in nog nie bekend nie.

Die botsing het verkeer tussen Midrand en Johannesburg erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Leahim ·

Dit is goeie nuus ek kon nog nooit die nut sien vir tien swart vinnige karre om so vinning moontlik in die verkeer te jaag nie en die publiek se lewens in gevaar te stel net om een ou wat nie kan beplan iewers te kry nie.

Nadia ·

Dit is mos maar wat gebeur as jy 140km/h ry met geen volgafstand nie..

Jakalas ·

Ek kan jou waarborg dit was meer as 140km/h. Dit lyk vir my meer na iets oor 160 km/h. Mens kan nie so gou reageer om ‘n botsing te verhoed teen daai spoed nie.

Haha ·

Haha!!! Lag ek net so lekker. Nee wat kry vir julle. Ek ry daagliks op die besige N4 na Swaziland grens en menige keer moet ek my gevaarligte aansit of my kattebak oopmaak sodat hul kan parkeer. Kan mos nie afstand skat nie. Wat van op ‘n hoe spoed drie karre tussenin. Regte spoed van 120km 2karre veral omrede jy met sulkes die pad deel. Weereens haha maar wie gaan opdok die belastingbetalers gelukkig sluit dit hulle in.

Haan ·

Kyk ek verafsku die goed nes enige ander burger, maar daardie minibus bestuurder is vandag my held!

Hennie ·

Kyk in die eerste plek. Hoekom jaag as daar geen persoon wat “belangrik”is nie in die voertuig is nie? Tweede plek. Hoekom padreels breek veral daai tyd van die oggend? Hulle is niks beter as ons siviele mense nie. Derde plek. As dit so aangaan gaan ons belasting nog hoer wees want ons betaal daai voertuie!! Ek is maar net n aasvoel maar ek betaal tax en daai is net n mors van geld.

PCJ ·

Werk vir OPOD. Dit is bog dat hulle toegelaat word om so te jaag. Cowboys wat dink hulle is verhewe bo die reg

Seg maar net ·

Al was daar ‘n BBP in die motor, hoekom jaag? Hul kan nie afsand en spoed bymekaar bring nie, daarom al die ongelukke….. waarvoor ons betaal. Derde party-eise

Jakalas ·

En dan kom daai “belangrike persoon” nogsteeds 4 ure laat.

o ·

Hierdie groep het baie vinniger as 140 gery en dit sonder ‘n bbp aanboord. Daar was ten minste 15 voeruie en motorfietse in die konvooi. Hulle het almal uit die pad gedruk. Ek was glad nie verbaas om ‘n paar km verder op die ongeluk af te kom nie.

Rina Pretorius ·

hoe lyk a taxi met ‘n BMW badge op die agterkant,

Michael ·

En die grap is hulle gaan nog die skade aan die taxi moet betaal want hulle het hom van agter gestamp????

Theresa ·

Nee wat. Die taxi drywer het weereens bewys gelewer hoe argeloos hul op die paaie is. Die bbp beskermers het geen rede gehad om so te jaag nie. Dis pure afwys en arrogansie – tipies. Skade vir daardie motors moet van hul afgetrek word. Waarom was so ‘n menigte mense oppad om ‘n “belangrike” persoon te gaan oplaai. Geklik.

Lalla ·

So hoekom as daar geen belangrike persoon in een van die motors was nie, moes hulle so jaag, en hoekom is 5 voertuie daarvoor nodig. Die enigste mense wat sulke voorregte behoort te he is ‘n president en ‘n adjunk-president. Vir die res kan hulle maar met gewone voertuie rondry. Niemand is tog lus om hulle iets aan te doen nie. Of vlieg dan!

Giel ·

As krummeltjie brood word het my Ouma altyd gesê. Shame, hulle wil so graag iets wees maar faal totaal. Kyk waar is die land.

Han ·

Giel, jy het die woorde uit my mond gevat! Die enigste manier hoe hulle belangrik kan voel! “Sjym.”

Afrikaanse Knaap ·

“Belangrike person” my agterstewe.
Ek hoop al die “beamptes” het ‘n lekker vet seer duur les geleer.
Klomp cowboys.
Dankie Taxi bestuurder, jy maak my dag my vriend. Ek is net jammer vir jou en jou taxi wat nie versekering het nie.

ne ·

Jammer daar is nie sterftes nie…… Verhewe bo ons alledaagse mense. Hoop die taxi kry ‘n medalje.

Hoeveel? ·

Een ou ry mos in een kar? Hoekom is daar nodig vir ‘n hele vloot karre om 1 ou op te laai??. Ai, dit laat hulle seker maar ekstra spesiaal voel…

Hendrik ·

Dit gaan alles om mag. Ek het die ondervinding gehad dat ‘n ou vir my ‘n sub-masjien geweer gewys het omdat ek ‘n te stadige ontvooi wou verby steek. Dit was ‘n begrafnisstoet op die snelweg met’n BBP as ‘n begrafnisganger en sy wagte. Ons moet stadig ry agter die konvooi op die snelweg en alle verkeer van die kante is geblok om te keer dat niemand die konvooi verbysteek nie.

Jacques Venter ·

Ek ry eenkeer op die snelweg teen my normale 120 km, toe daar n konvooi verby jaag wat dit laat lyk of ek parkeerplek soek.

So roekeloos het ek in my lewe nog nie gesien nie

Karen van Zyl ·

Jacques, was ook in so situasie, eers was ek verstom toe raak ek lekker kwaad vir die gedoente.

Cherokee ·

Hulle jaag nie net wanneer belangrike persone saam met hulle ry nie. Hulle jaag selfs as Zuma in een van die karre is.

Swartkat ·

Shame hulle het die Guptas gaan haal vir ete by KFC , so waarom kla julle.

Andre ·

Vrae wat opkom. Hoekom kon hulle nie soos beskaafde mense bestuur nie? Wat de duiwel is ‘n “baie belangrike persoon” in Suid Afrika?

Karen van Zyl ·

Laat jy my nou lekker glimlag Andre, goeie vraag nê.

LB ·

Hoeveel karre is nodig om een “belangrike” ou te gaan oplaai? Vir een keer hou ek ook van ‘n taxi : )

Karen van Zyl ·

Ai, ons praat nou so lekker maar wie gaan op die ou einde van die dag hoes en betaal… ons.

Piet ·

Ek was so dankbaar toe gesien het dit het gebeur. Die goed dink hulle is werhewe bo die wet en dink hulle kan die motoriste intimideer. Dit was so lekker om hulle verontwaardige gesigte te kon aanskou daar langs die pad. Gewone mense net soos ons wat toe gedwing was om hulle gesiggies buite die magtige ou swart karre te moes wys. Nie een van hulle is enigsins spesiaal nie. Ek haat n taxi maar een het die magtige na vyf in die oggend hooligans op hulle plek gesit. Well done brother!

Magda ·

Minibus-taxibestuurder hoop nie jou voertuig het iets oorgekom nie. Die spul ry mos of die paaie aan hulle behoort. Geen respek vir mede-motoriste. Ek was amper in dieselfde situasie en moes met spoed van baan verwissel.

Jacques ·

Gewoonlik wanneer ek hierdie knvooie sien ry hul VER bo die max spoedgrens. Wonder net of dit die keer ook die geval was – aangesien daar geen BBP in die voertuig was nie? Het hul spoed dalk bygedra tot die ongeluk?

Louise ·

En net vanoggend toe sê ek mens hoor nooit van iemand wat in hulle vasry nie. Altyd in ander voertuie, maar nie in die Blou Ligte nie.

Hoekom erken hulle nie maar net hulle kan nie bestuur nie?

Daniel ·

As hulle so bietjie vroër vertrek het sou dit nie nodig gewees het om die spoedgrens, wat veronderstel vir almal op die pad van toepassing te wees, te oorskry nie. Veilige volgafstande geld ook nie vir hulle nie. As daar geen VIP in die voertuie was nie, hoekom dan die situasie uitbuit? Niks anders as misbruik van magsposisie nie. Of jy jag en of jy normal ry maak nie saak nie, ‘n opgeleide person kan jou nogsteeds met ‘n RPG uithaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.