Foto’s: Tegniese span moet vlug toe betogers toesak

Een van die voertuie van Stad Tshwane wat deur betogers met klippe bestook is. Foto: Verskaf

ʼn Tegniese span van Stad Tshwane se departement van paaie en vervoer moes Woensdag die hasepad kies nadat hulle deur woedende inwoners met klippe bestook is toe hulle ʼn verkeerslig probeer herstel het.

Selby Bokaba, uitvoerende direkteur van strategiese kommunikasie by Stad Tshwane, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 op die hoek van Solomon Mahlangurylaan en Pretoriastraat in die ooste van die stad gebeur.

Volgens Bokaba was die span besig om ʼn foutiewe verkeerslig te herstel toe woedende inwoners van Nellmapius op hulle toegesak en hulle en hul voertuie met klippe bestook het. “Een van die beamptes was in ʼn voertuig vasgevang terwyl die betogende gemeenskap klippe na die voertuig geslinger het. Die tegniese span moes noodgedwonge die herstelwerk net so los en vir hul lewe vlug,” het hy gesê.

Teen daardie tyd het die span reeds pale geplant en verkeersligtoerusting opgerig wat hulle net so saam met hul ander toerusting en kabels moes agterlaat. Bokaba sê die betogers het gevolglik die span se gereedskap en toerusting gesteel.

“Wat vir die Stad nog meer kommerwekkend is, is dat daar verlede week ʼn span beamptes van die stad saam met kontrakwerkers wat uit die plaaslike gemeenskap gewerf is ook deur die gemeenskap weggejaag is toe hulle die verkeerslig probeer herstel het nadat dit gevandaliseer is,” het hy gesê.

Een van die voertuie van Stad Tshwane wat deur betogers met klippe bestook is. Foto: Verskaf

Die span het gister met die beskerming van beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teruggekeer om die verkeerslig te herstel. “Maar toe die geweld uitbreek, het die polisiebeamptes op die vlug geslaan en ons lede net so weerloos daar gelos. Die stad se beamptes wat betrokke was by gister se voorval is baie getraumatiseer en is nou huiwerig om weer in daardie gebied te gaan werk. Dit het op sy beurt ʼn nadelige invloed op dienslewering,” het Bokaba gesê.

“Infrastruktuur wat beskadig word, het in die afgelope paar maande ʼn nagmerrie vir die stad geword. Verlede week in Wonderboom is ʼn verkeerslig beskadig deur onbekende mense wat die paal aan die onderkant afgesny het. Dit sal tussen  derduisende rande kos om ʼn nuwe verkeerslig daar op te rig.”

Bokaba het ʼn beroep op inwoners gedoen om op te hou om stadsbeamptes aan te val, te dreig en te intimideer, asook om die beskadiging van stadseiendom en infrastruktuur te staak. “Hoe langer gemeenskappe voortgaan met hierdie boewerige gedrag, hoe moeiliker maak hulle dit vir beamptes om op diensleweringonderbrekings te reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Piet Lourens ·

Hoekom was daar nie sulke voorvalle vroeer van jaar tydens die groot onderbreking in Pta Oos nie. Kan iemand dit verduidelik.

Joe Olivier ·

Want die groot onderbreking het beskaafde mense geaffekteer.

Mattewis ·

As jy ‘n polisieman was, sou jy natuurlik maar gedwee gestaan en wag het vir die moordlustige hordes om jou te kom aanval. As jy dit durf waag het om jouself te probeer verdedig, sou jy daarvan beskuldig geword het dat jy ‘n tweede Marikana begin het. Dink asb. voordat jy sulke kommentaar lewer.

Anoniem ·

Dissipline-lose mense ! Suid-Afrika is in ‘reverse’ Shame on You ! Die regering ‘worry’ nie oor die anargie nie maar oor Mnr Trump se twiet !

Speedkop ·

Trump se tweet het nie net betrekking op die onteiening van grond nie maar die groter wetteloosheid in die land. Dam]nkie tog ek is al ‘n burger in Amerika. Hoef nie meer te “deal” met die soort gemors nie.

leser ·

as die mense dan nie infrastruktuur wil hê nie, laat staan die herstel
dis mense wat net ‘n snaakse hol / leë ronde bol op sy lyf het waar daar ‘n kop met verstand moet wees
hulle moet net nie “moan” as dinge nie meer reg wil verloop nie
die belasting betalers se geld word ook so bespaar

Koos de Meyer. ·

Nou sê hulle jy moenie reg in eie hande neem nie. Die polisie hardloop dan weg, wat nou. Hulle moet my lewe bedreig deur klippe of enige iets dergeliks te doen dan gaan ek my self verdedig. Wat ‘n skande dat die polisie vlug. Hulle is veronderstel om ons te beskerm. Wat ‘n sirkus.

Stephen Namibia ·

Trump was weereens heeltemal korrek toe hy Afrika lande as ‘sh……..le countries” bestempel het.

LHS ·

In n land sonder enige dissipline, n land sonder reels of wette en dit wat wel bestaan word in die howe verkrag om net sekere burgers te raak, chaos op sy beste. Die ANC en ander soortgelyke partye kan nie eers hulself of hulle eie lede beheer nie. Wetteloosheid op sy heel beste en dan was dit seker Vasco da Gama wat die skuld moet kry, pateties.

IK ·

Was daar die afgelope 133 818 dae enige vordering in hierdie land?

KG ·

IK volgens dir politici en ander politieke korrekte mense gaan hulle vir jou vertel maar natuurlik was daar vordering en seker so ‘n statistiek of 3 daar uitruk.

Ek moet erken, vanwaar ek die storie so bekyk, nee wat, niks sulke dinge nie!!

Nutraal ·

Hier was baie “vordering” korupsie, brande, eskom bankrot, sauk, bankrot. So kan ons aangaan. Ons oppad na mielies stamp met stamper en om weer n wiel uit te vind. Dis mos Afrika.

Sê net... ·

Mense, dit is die begin van nare dinge die. Dit is ongelooflik teen watter pas die wetteloosheid nou beweeg. Ek sidder.

Vra maar net ·

Hkm wil hulle dit nie herstel he nie? Ek verstaan nie.

Marinda ·

Klink of daar ñ derde mag hier aan bewind is. Iemand wat wil hê, iemand anders moet faal. Verkiesingstyd is mos om die draai.

Ek dog die polisie moet mense beskerm?

Maartin ·

Selfbeskikking is noodsaaklik want die land word onregeerbaar.

Johanna Botha ·

Die polisie hardloop weg ….ag vader hoe PATETIES !

Jice ·

Die foto van die afgesnyde paal is defnitief nie in Nellmapius geneem nie. Nou verstaan ek nie hoekom die tegniese span daar aangeval is as die foto in Pretoria noord geneem is nie???????

Mariné Lourens ·

Dagsê Jice

Dankie vir jou kommentaar. Soos die berig noem is die verkeerslig in Wonderboom afgesny, nie in Nellmapius nie. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

$ ·

Soms is ek naïef genoeg om te dink dat niks wat in SA gebeur my meer my kop in ongeloof sal laat skud nie. Dan word ek weer verkeerd bewys …

Marius ·

In 1954 het die Engelse Nobel-prys wenner – William Golding – die boek “Lord of the Flies” geskryf. Presies wat daar as fiksie gebeur het, is besig om te gebeur in SA. Die foto is geneem in Pretoria Noord, Wonderboom net voor jy afdraai en nie in Nellmapius nie. Ek bly al 18j lank in Australie en herken die gebied baie goed omrede ek as Tukkie student teen daardie westelike koppie van die Magalies geologie afmetings geneem het in 1985.

Christien vd Westhuizen ·

Polisie se harte is goed maar die bene is beter is soos soldate wat na die slagveld gaan sonder gewere

Wilma ·

Oe als gaan agteruit in Die Nuwe Sa. Net die regering en eff wie dit nogi agter gekom het ni. Niemand so blind soos die wie nie wil sien ni. Nuwe SA is n tragedie

C ·

Sjoe nou het ek als gehoor. Die polisie wat die werkers moet beskerm terwys hul hul pligte probeer uitvoer hardloop weg vir geweldadigers en los die arme mense net so in hul eie lot oor. Maar nou wonder ek, hardloop hul weg omdat hul bang is vir die misdadigers of dalk vir die wetstoepassers, want hul weet sou hul ten sterkste optree en een krimineel word beseer gaan hul aan die kortste end trek. Krimenele is mos ‘n beskermende spesie hier in SA. Hul moet saggies hanteer word terwyl hul die land afbreek en afbrand. Non-proudly SA!!

PPP ·

Dit is mos die DA wat Pretoria beheer, so dit is maklik om te verstaan die KOMMUNISTE
wil net vir wereld wys ons sal afbreuk, en ons sal nie laat opbou nie. Die anderding is in die land van SA moet net aanvra word dat n klip moet beskou word as n wapen, dan het ons die volste reg om ons self te beskerm. In 1977 -1978 is ons in die weermag geleer dat n kilp word meer beskou as wapen, en baie meer gevaarlik as n petrol bom, ons moet maar eerder terug gaan na daardie tyd toe . Probleem opgelos.

Charmaine ·

Hulle sal dit aanhou doen, hoekom? Want hulle kom daarmee weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.