Nog foto’s volg onderaan die berig. ʼn Tenk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Vrydagaand in die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal omgeslaan toe dit van die vragmotor, wat dit vervoer het, afgeval het.
Die hoof van verkeer in KwaZulu-Natal het aan André Snyman van eBlockwatch bevestig die vragmotor se remme het moontlik onklaar geraak. Die bestuurder kon die vragmotor teen die wal opry om ʼn verdere ongeluk te voorkom.
Maroela Media wag nog vir terugvoer van die departement van vervoer.
Die Ladysmith Gazette berig dit was ʼn 65 ton Olifant-tenk en dit is nog nie duidelik hoeveel skade die tenk opgedoen het nie.
Ek glo eerder dit was ‘n geval van die tenk is met nylon toue vasgemaak. Daardie soort wat mens gebruik om mee te ski!
As jy dit glo, dan moet dit seker die geval wees, né…
Hierdie tenk hy eshom die stokkond, die anner ene hy eshom die weggeraak.
Net soos die duikbote en Maputo se samel vragmotors.