Foto’s: Theresa May kom in Kaapstad aan

Theresa May, die Britse eerste minister, kom Dinsdagoggend (28 Augustus 2018) in Kaapstad aan. Foto: Twitter via @PresidencyZA

Theresa May, die Britse eerste minister, het Dinsdagoggend in Kaapstad aangekom vir haar amptelike besoek van een dag aan Suid-Afrika.

May, wat deur pres. Cyril Ramaphosa ontvang is, word vergesel deur ʼn afvaardiging van meer as 20 Britse sakemense. Dit is die eerste keer sedert 2011 dat ʼn dienende Britse premier Suid-Afrika besoek.

Die presidensie het Maandag in ʼn verklaring gesê May se besoek volg op die vergaderings tussen haar en Ramaphosa tydens die Statebond se beraad van staatshoofde in April in Londen en die G7-beraad in Kanada in Junie.

“Gedurende die bilaterale vergaderings het die twee leiers potensiële vennootskappe tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk (VK) bespreek en pogings aangewend om die bilaterale handels- en beleggingsverhoudinge te versterk,” het die presidensie gesê.

Theresa May, die Britse eerste minister, kom Dinsdagoggend (28 Augustus 2018) in Kaapstad aan. Foto: Twitter via @PresidencyZA

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag gesê die VK en Suid-Afrika het ʼn historiese sterk handelsverhouding. In 2017 was die VK Suid-Afrika se sesde grootste internasionale handelsvennoot. “Die VK is ook met R33,2 miljard Suid-Afrika se agtste grootste invoerder,” het Sisulu gesê.

Volgens Sisulu sal May ook tydens haar besoek die SS Mendi se klok aan Ramaphosa oorhandig om die opoffering te gedenk van meer as 600 Suid-Afrikaners wat gesterf het toe die SS Mendi meer as 100 jaar gelede in die Engelse Kanaal gesink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Moggy ·

Nee war Erick die ou Kwienie hou in haar paleis in Skotland vakansie en sy’t buitedien so baie kwellings oor haar kinders en veral prins Harry en sy vrou sy kan nie gepla wees oor ons nie

Erick ·

@Moggy-ek hoor jou. Kom hoor dalk of al die planne nog klopdisselboom loop.

Moggy ·

My jitte, vanoggend het die Britse koerant aanlyn nie gekik of gemik oor hierdie blitsbesoek nie. Ons waardeer die reën maar dis tog jammer dat die berg nie mooi oop is nie – dis ‘n wonderlike gesig om te sien as jy inkom om te land. Wonder hoe het die samesprekings tussen haar en Rampie gegaan!

Jean ·

Sy gaan na dese weer vir almal vertel dat SA ‘n heerlike, veilige en vooruistrewende land is. Om met die ANC te vergader, is soos om saam te braai met die duiwel.

Marius ·

Te midde van die sake leiers wat saamkom hoop ek die bedreiging van eiendomsreg in SA word ook bespreek.

Plaasaanvalle ·

Jy is reg Jean
hoop iemand gee haar ‘n update oor die plaasaanvalle.

Yankee ·

Die luiperdbroek sal sekerlik nou gewaggel word vir n eerste Wereldse premier. Asook die derde Wereldse spiese.

Jerry ·

Diegene wie nie wou deel wees van die groter prentjie nie en wie hulself uitgesluit het in die koue, moet nou ernstig herbesin. Dit raak laat en speeltyd is verstreke en die tyd het aangebreek dat julle huis toe kom!

Pvt ·

Kom haal ons grond wat ANC skuld aan UK vir die mense se exile tyd
Queen soek haar grond voor sy groet

Gemaskerde Sopbeen ·

Tragies hoe kort mense se geheues is. Nie baie jare terug nie (1975?) is die “wit trein” oor die Victoria waterval tussen Rhodesië en Zambië getrek…..en die Britte het Rhodesië uitverkoop sonder slag of stoot…..en kyk wat het daarvan oorgebly? Nou kom steek hulle hulle neuse in ‘n situasie wat grotendeels deur hulle self ondersteun is…………om wat hier te kom maak? My ouma grootjie was ‘n uitgesproke rassis….sy kon ‘n Ingelsman nie verdra nie!!

Eish ·

Die beste wat ek die jaar nog geleer het, is die Dunning Kruger effek. Groot waardering dat jy my op die afwyking se spoor gesit het.

Ryan ·

“May, wat deur president Cyril Ramaphosa ontvang is” – Aag nee wat, sy gaanverkeerdelik gewys word als is ok hier, en hulle seker met nog 50bn pond beloon.

Judge Dredd ·

Theresa May het SA handels-steun nodig vir haar Brexit – in ruil daarvoor sal sy Ramaphosa beloof om ‘n paar miljard rand in bankrot SA te bele’ – terselfde tyd sal Engeland anderkant kyk terwyl die ANC boere se plase onteien sonder vergoeding – afterall Ramaphosa gaan mos net die gehate Afrikaner se plase vat.

Swart Piet ·

Ek wonder nou net watse nonsens hulle in die arme vrou se kop gaan probeer inprent, beslis nie die waarheid nie.

John ·

Nee wat, die verontregtes sal soos altyd aan die groot klok gehang word en ‘mending’ sal die wagwoord wees. Die Britte het oor 350 jaar die idee dat SA eintlik net aan Afro’s behoort en ons sal julle altyd daarmee help, verkoop. May kom nou net Mayday help skree saam met die grondhongeres. Gelukkig vir haar is Engels darem nou uiteindelik ingevoer so die gesprekke kan vloei want Afrika se verhoudinge was altyd maar net ‘n eensydige spulletjie van gee en Afrika neem. Brexit gaan oor die beheer van Britse grense en baie sal betaal word om Afrokane en vreemdes in hul land van oorsprong te hou.

Albie Steyn ·

Sy is net een dag in Suid-Afrika..dink nie daar sal eers genoeg tyd wees om oor grondsake te praat nie. Sy is daar om handelsbetrekkinge te versterk tussen die UK en Afrika lande na Brexit. Miskien vra van die wat saam met haar toer vrae rondom grondhervorming aan mnr. Ramaposa.

Koloniaal ·

Snaaks dat daar niks verkeerd is met KOLONIALE beleggings/geld vanaf Engeland nie, maardaar andersins ‘n groot haat is teen als wat sogenaamd koloniaal is. Juju hoekom is jy so stil?

Se maar net ·

Pasop dat sy nie n klomp idees in Rampie se kop kom sit nie. Goed soos die nuwe wereld orde, lgbt wette wat hulle nou het en al die ander gemors in haar land. Vk val uit mekaar uit vandat sy in beheer is.

Liberaal ·

Ons nuwe wereldorde globale elite soek al julle Afrikaners se kliente en familiegeld, die bietjie wat nog oor is. Die liberale massamedia sal vir julle verdeudelik dat dit nie so erg is om dit weg te gee nie om julle te paai.

Stuiwer ·

Die VK sal nooit uit mekaar uit val nie. Dis nie Afrika nie.

Chris Ws ·

Britanje was nog altyd SA en veral die blankes ,se vyand.Sy kom loer net vinnig of hier nog iets oor is om te kom aas na hulle die anc help aan bewind kom het 24 jaar gelde.

Derick ·

Nou toe nou, nou is kolonialisme goed genoeg omdat dit miljarde rande se in-en-uitvoere beteken, soveel so dat ons di PM vir ‘n dag kan entertain ……. maar o wee, moet net nie die geskiedenis opbring nie want dan is kolonialisme mos alles wat sleg is ……..

Stuiwer ·

May is baie naïef om bande met SA te wil smee. Snaaks hoe die VK goed genoeg is hiervoor, maar Grahamstad se naam (wat Brits is), word verander. Sisulu, verduidelik dit asb. aan May. Ek’s seker sy sal dan twee maal dink voor sy met SA besigheid doen.

jakes ·

CR sal natuurlik weer vra of hy geld kan leen want die fiskus word daagliks geplunder en daar kannie meer veel oor wees nie.

Hennie ·

Sekerlik het die heuningkwas hard gewerk om al die SA mense te laat goed voel. Dis mos bekend wat die Britte dink van ons blanke Suid Afrikaners.

Gerhard ·

Ag nee wat. Dit is waarskynlik lankal beplan en bloot ‘n televisie vertoning. Die britte is verseker nie so onnosel om nou ‘n klomp geld hier te kom belê nie.

Heinrich ·

Vat haar asb op ‘n toer deur Hillbrow, wys haar die ‘before’ fotos van hoe dit gelyk het toe beskaafde mense daar gebly het, en wys haar nou haar voorsmakie van hoe London gaan lyk as sy aanhou om buitelandse ‘vlugtelinge’ (eerder indringers) so oop-arm te ontvang.

witogie ·

Ek hoop sy vergader met Afriforum ook sodat sy bietjie ware feite kan hoor. En ek hoop hulle gee vir haar ‘n Kill the Boer boek om huis toe te vat…

Fassie ·

EK WENS SY WIL HAAR NEUS HIER UITHOU WANT SY STERK NET DIE ANC IN HULLE KWAAD … Gaan ry ‘n draaitjie in Hillbrow en Sunnyside en wys haar ‘n paar before en after pics .. verder ook al die geboue en munisipale kantore wat onlangs afgebrand is .. dan gee sy dalk NOG geld … LONDON is klaar is sy dinges in .. KRY VIR JULLE!

Anne ·

Goed gese Fassie, sy ondersteun mos die anc en grondrype. Hoop sy vang die eerste vliegtuig terug waar sy vandaan kom.

Blom ·

Die klokkie kon gekoerier word baie goedkoper;
Kolonialisme is sleg !?! oo die skynheiligheid.
Waarheid kan nooit verberg word. Pasop.

Whahah ·

Waar het hulle die wit ou in WEERMAGKLERE gekry om haar te groet? WINDOWDRESSING sodat sy moet dink dat daar nog actually witmense in die weermag is ..

marous ·

So veilig en rustig dat sy maar gerus alleen kan gaan stap …. verkieslik in langa of sommer houtbaai …in die aand

humor ·

Die klokkie oor die 600 mense, maar wat van die
26 -27 000 vrouens en kinder??????????????

HEVW ·

Daar is iewers n groot slang in die gras. Sy en haar ekonomiese onderhandelaars moet tog bewus wees van van die keer op keer rommelstatus waarin ons gedompel is, en die bankrotskap en die Gubtas en al die korupsie. Waarom sal hulle in so n land wil bele.? Ek glo nie hulle verkeer in die duisternis nie. Ek dink hulle is hier om op die oueinde self gehelp te word. Dink china is nou bietjie dikbek. Deur al die jare het Afrika die kuns ontwikkel om die Ooste en die Weste teen mekaar af te speel.

Rasper ·

Dit is eenvoudig. Nie net is hier baie Britse beleggers in Suid-Afrika nie, maar is Suid-Afrika van strategiese belang in die wêreld. Kaapstad, as hawe is millitêr baie strategies. Dit gaan oor landbougrond wat nie vervuil is soos landbou grond in Europa nie. Dit gaan oor die invloed van China en Rusland in SA. Dit gaan oor almal, die Britse elite inkluis, wat gedink het onteiening sonder vergoeding sal nooit gebeur nie. Maar nou in die gange en ander plekke gehoor het, is nie meer so vêr nie. Dit gaan oor die Britte en ander westerse politicie wat in hulle arrogansie gedink het hulle het nog beheer oor Afrika, maar met ‘n skok uitgevind het, dat Afrika vir hulle verlore is.

E.K. die eerste ·

Moes haar eintlik verwelkom het met plakate met foto’s op van slagoffers van plaasmoorde.

Rasper ·

Ai, Ai. Suid-Afrika se redelike stabiliteit, (met ‘n Afrika bril op), het ten minste gemaak dat daar hordes immigrante hiernatoe gekom het. (Nie ‘n goeie ding nie, maar dit gebeur.)Per poot of per boot kom hulle daagliks. Waarheen gaan almal van Somalia, Nigeria, DRC, Zimbabwe ens. gaan oor vyf jaar? Plus die duisende Suid-Afrikaners wat gaan sukkel om te oorleef in Suid-Afrika? Ek as gewone man op straat dit, hoe kan sy nie weet dat hulle gaan stroom na Europa nie. Die Afrikaner was, en is ‘n stabiliserende faktor hier aan die suidpunt van Afrika. Ek wens net hulle, dit is nou die slim besluitnemers van die wêreld, kry dit in hulle koppe, dat ‘n gevestigde volk, met westerese waardes sal bydra tot Afrika voorspoed. Ons wil hier wees. Ons verstaan hoe werk Afrika. Ons eise is nie onbillik nie. Ons klou nie meer vas aan alles nie. Maar verdien baie meer is niks.

Uk nie okei ·

Britanje het n groot probleem met al die verskeie immigrante wat die Britte se land klaar oorgeneem het. Wil Theresa May hulle nou vir ons stuur? Sy is die swakste leier wat Britanje nog gehad het en sal binnekort vervang word. Sy soek net publisitet wat Naspers haar bied. Gaan terug Engeland toe ons soek jou nie hier nie.

Lin ·

Waar is die nuus dat May vir Ramaphosa steun in alles oor die grondhervorming.
Gelees op news 24.

Rynhardt ·

Theresa May se vinnige en skielike blits besoek is nie blote toeval nie.Dit strek verder as haar belegging!Wat is agter die skerms reeds gese vir Cyril Ramaphosa??May is n groot ondersteuner van Anc se grondonteiening sonder vergoeding!Dit was juis die Britse Ryk(gerugsteun deur die nuwe wereldorde)wat in Boereoorlog, ons Boererepublieke kom vernietig het en ons mense doodgemaak het vir goud en diamante!In April vanjaar(2018) was dit juis May wat die rooi tapyt met mening uitgerol het vir die skatryk, $700miljoen Cyril Ramaphosa!Wat was agter die skerms weereens gefluister?Brittanje wou nog altyd n Anc -regering vir SA gehad het!In 1990 het Veg tydskrif uitgespel hoe Pik Botha saam met De Klerk en linkses, die P.W.Botha-regering gekaap het.Pik Botha was gereeld in verbinding destyds met Brittanje se eerste minister,Margret Thatcher en het haar oor alles ingelig, en dat die Botha-regering nie meer n faktor gaan wees nie.Dit was juis Thatcher wat druk op die NP-regering uitgeoefen het vir onderhandeling met Anc!Vandag kan jy sien hoe ver Britse invloed al kom!SA met al sy goud en minerale rykdom kan na 24jaar nog nooit 10%groei behaal nie.Niks om oor opgewonde te raak oor May se besoek nie,haar eie Britte beskou haan nie as n leier nie! Wees net op en wakker vir die Britte!

Ben ·

Julle is verkeerd. Meeste van die grond in Natal behoort aan die Koningin van Engeland. Die ooreenkoms was dat Engeland kry toegang tot die grond in ruil vir beskerming van Zulu koning. Soort gelyke ooreenkomste is ook gemaak met Swaziland en Lesotho. So tegnies besit Engeland meeste van die grond in SA. Dit is eintlik die “White” man waar daarna verwys word. Kan die datums en ooreenkoms nie meer onthou nie maar gaan kyk na die tydperk na Britse Oorlog met die Zulus. 2) Europa gaan “geoverun ” word met “migrants” as hulle nie vinnig begin “invest” in Afrika nie.

Ben ·

So verder, sou Theresa May nou Engeland se verpligting verbreuk deur CR magte oor Britse grond gee beteken dit dat Swazilane en Lesotho by Suid Afrika ingelyf kan word. Britanje het nou geen verpligtinge teenoor hierdie lande nie. Nie so wyse skuif Theresa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.