Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, tussen 29 en 40 jaar oud, is naby Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem.
“Die Valke en lede van die polisie se misdaad intelligensie-eenheid het inligting ontvang oor die verdagtes se beweerde onwettige bedrywighede. Hulle is in hegtenis geneem terwyl hulle sakke met rou vis vervoer het. Die waarde van die vis word op sowat R4 miljoen geskat.”
Volgens Sekgotodi is onder meer op geelvis, karp en babers beslag gelê. Vyf van die verdagtes is Suid-Afrikaners en die ander vyf van Mosambiek. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
- Foto: Verskaf
- Foto: Verskaf
- Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Daar is n verskil tussen visvang en visstroop.
Hul is stropers nie vissers nie.
Vissers gooi visse terug wat nie pan size is nie.
Eerste mense gevang in 20 jaar ….die Chinese stroop ook met hulle bote ons kuswaters ….hulle was ook gevang n ruk terug …maar het weggekom die oomblik toe ons polisie hulle rug draai ….hoe pateties tog !
Huisie by die see…………………….in Witbank !!
Wie se skuld is die ??? Zuma het mos die grense oop gemaak .
Sak Sarel. 4 miljoen rand se vis in n paar streepsakke! Wie is die waardeerder? Kan hy nie asb my plaas kom waardeer nie?