Foto’s: Toeris deur leeu gebyt in Jhb-park

Brendan Smith en 'n vriendin. Foto: Facebook

Brendan Smith en ‘n vriendin. Foto: Facebook

ʼn Australiese toeris is in ʼn motor deur ʼn leeu gebyt by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark, het aan Maroela Media gesê Brendan Smith en ’n vriend van Pretoria het Woensdag deur die leeukamp in die park gery. Smith het aan die passasierskant gesit en sy venster was oop. Volgens Simpson het hulle in ʼn stadium stilgehou om ’n foto te neem. Smith het in die vriend se rigting gekyk en nie een van die twee het glo die leeu langs die motor opgemerk nie.

Volgens Simpson het die leeu sy kop by die venster ingedruk en Simpson aan die bobeen gebyt. Die vriend het onmiddellik na die park se kantore gejaag waarna Smith na die Life Fourways-hospitaal gehaas is. Hy het behandeling ontvang en is Saterdag ontslaan. Volgens Simpson word besoekers aan die park gewaarsku om hul vensters toe te hou wanneer hulle deur die leeukamp ry.

Smith het intussen op Facebook gesê die voorval het plaasgevind minder as 36 uur nadat hy in Suid-Afrika aangekom het. Volgens Smith “kon en moes dit baie erger gewees het”. Hy het egter ook geskerts dat die meisies van sy littekens sal hou. Smith het ook foto’s van sy wonde op Facebook gedeel.

Waarskuwing: Die onderstaande foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

Hy kan bly wees ons wilde diere het hom beetgekry en nie een van ons wilde burgers nie! Ek dink nie hy sou so lig daarvan afgekom het nie!!! HAHAHA!!!!!

John ·

Iewers maak iets nie sin. Die venster oop met die man se bolyf by die venster. Sy bene is immers onder die venster. Dom leeu druk sy kop by die venster in en byt sy bobeen waar sy hele bolyf by die leeu se bek is. Lees ek verkeerd. Kan wees dat ek onder die invloed van pypolie is.

SNEL ·

Daai paar voete van hom was op die “dashboard” met sy thongs, dis al hoe die leeu daai been kon beet kry.
En ja, Christa, (haha) jy is reg, eerder n wilde leeu as n wilde burger.

Gert ·

O ja, “We been in Africa see baboons not lions “. Suid afrika is nie n plek om ligtelik aan te vat nie. So het die besoekers ‘n voorsmakie gekry. Want hier ry ons op ons paaie teen 245km per uur om vliegtuie te haal.(Ons ry party keer verby die vliegtuig en bots teen stilstaande trokke) Kyk maar net die diere in die parlement. Dink dit moet oopgestel word vir buitelandse besoekers. Besoekers moet daar ook maar net hul vensters toe hou. Hier pleeg ons 97 moorde per dag, Hier verkrag ons 84 vrouens per dag. Hier slaan ons alle vreemdelinge se besighede plat en maak ons kos kaste verniet vol. Hier brand ons alles wat ons verniet kry af maar wil ook nie betaal vir enige iets nie. Hier is nie eers meer elektriese kard nie. Hier regeer n showerkop met sy spear. Lekker AFRIKA!!!!!!

Katliefhebber ·

Nee, maar ek stem 100% saam met jou, John. My eerste gewaarwording was ook: hoe op aarde kom die leeu by sy been by sonder dat enigeen van hul iets agterkom??? Dit, terwyl sy hele bolyf tot die leeu se beskikking is? Hoekom sal ‘n leeu sy kop deur die venster druk, afbuig en iemand aan die been byt??? Neeeee iets is nie pluis nie …

scalla ·

Ek dink sy voete was op die dashboard met n bier in die hand en doef doef musiek in die motor met oop vensters, die leeu het het nie daarvan gehou nie. Welcome to Africa, die ander menslike diere in die woonbuurte is baie erger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.