Foto’s: Toeris kritiek ná duikvoorval

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy in die moeilikheid beland het tydens ’n duikuitstappie in Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou was reeds besig om te duik en was sowat 10 m diep toe sy vermoedelik paniekerig geraak het. Paramedici van Netcare 911 is met ʼn boot deur lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) na die toneel geneem.

Botha het gesê van die ander duikers was reeds besig om mond-tot-mond-asemhaling op die vrou toe te pas met paramedici se aankoms op die toneel. Paramedici het by hulle oorgeneem en kon ná sowat 20 minute daarin slaag om die pasiënt weer by te bring.

Paramedici en die vrou is terug na die strand geneem waarna die vrou na ’n hospitaal gehaas is vir verdere behandeling. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.