Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou was reeds besig om te duik en was sowat 10 m diep toe sy vermoedelik paniekerig geraak het. Paramedici van Netcare 911 is met ʼn boot deur lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) na die toneel geneem.
Botha het gesê van die ander duikers was reeds besig om mond-tot-mond-asemhaling op die vrou toe te pas met paramedici se aankoms op die toneel. Paramedici het by hulle oorgeneem en kon ná sowat 20 minute daarin slaag om die pasiënt weer by te bring.
Paramedici en die vrou is terug na die strand geneem waarna die vrou na ’n hospitaal gehaas is vir verdere behandeling. Die voorval word ondersoek.
Ek hoop sy is OK!!