[Foto’s] Tornado in Gauteng beskadig huise

Foto: @gerardjb1/Twitter

Foto: @gerardjb1/Twitter

ʼn Tornado, wat Maandagaand in Ennerdale suid van Johannesburg voorgekom het, het minstens 50 huise beskadig.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê drie huise se mure het omgeval en hul dakke het afgewaai. Minstens 47 huise is ook beskadig en een mens is beseer.

Hy het gesê pogings is aan die gang om alternatiewe blyplek te kry vir die inwoners wat geraak word. Richard Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid vir ontwikkeling, het die omgewing Dinsdag besoek om die omvang van die skade te bepaal.

Pres. Jacob Zuma het intussen Dinsdag in Alexandra besoek afgelê na verlede week se verwoestende storms, waartydens minstens vier mense dood is en die driejarige Everite Chauke deur die Jukskeirivier meegesleur is. Zuma het met Everite se ouers vergader en die soektog na haar gaan voort.

Zuma het aan inwoners gesê die onmiddellike plan is om tydelike behuising te verskaf aan diegene wat geraak word, terwyl daar na die gebied om die rivier gekyk word om toekomstige probleme te verhoed.

David Makhura, premier van Gauteng, het gesê minstens 4 900 mense is deur verlede week se kitsvloede geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JackRussel ·

Die tornados is besig om te val, hulle val nou gereeld uit die lug uit

Antie ·

Het die geagte minister al die skuldige opgespoor wat verantwoordelik is vir die tornado’s???? :)

Regverdig ·

Hahahahaha lekker lag ek nou…..dis beste wat ek nog geleez het sovêr.

snoefie ·

God praat. mense ons moet leer om te luister. hou Gidsduens in ins skole, in ons kulture in ons lewens. die NP het dit reggekry sonder om Moslems, roomse, jode of Protestants om te krap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.