Foto’s: Tornado in Mpumalanga afgeneem

Die tornado in die Carolina-omgewing. Foto: Foto: @Nicoj_911 op Twitter.

Die tornado in die Carolina-omgewing. Foto: Foto: @Nicoj_911 op Twitter.

ʼn Stormstelsel oor Carolina in Mpumalanga het glo Vrydagoggend  ʼn skouspelagtige tornado veroorsaak.

Cas en Marie Joubert was by die Nooitgedachtdam toe hulle die tornado gesien en afgeneem het. Hul seun Nico het dit op sosiale media gelaai.

Elizabeth Webster, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse weerdiens in Pretoria, het aan Maroela Media gesê hulle het berigte van die tornado ontvang, maar kan nie bevestig of daar wel een was nie, aangesien hul radar nie so ver strek nie.

“Ons kan wel bevestig dat daar ʼn stormstelsel in die betrokke gebied voorgekom en sedertdien in kleiner stelsels opgebreek het,” het sy gesê.

Daar is ʼn 60% kans vir donderbuie in die omgewing.carolina-tornado2

Het jy ook kiekies van die tornado? Stuur dit gerus vir ons na [email protected]

carolina-tornado-radar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charlene Ackerman ·

Was al die jare bly om in Suid-Afrika te woon sonder Aardbewings en Tornado’s – blyk my daardie dae is verby :)

Tania ·

was daar enige teken dat tornado enige grond verwoesting veroorsaak het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.