Foto’s: Tot R130 000 per maand huur vir SA-eiendomme

Constantia Upper-huis vir R130 000 per maand

Die luukse huurhuismark is steeds besig om goed te herstel, aldus Seeff Property se verhuringsagente. Gebiede soos die Kaapstadse Atlantiese kus, Constantia Upper, Bishopscourt, Sandton, Paarl, Franschhoek en luukse landgoedere ontvang weer maandelikse huur van meer as R100 000 per maand.

Atlantiese kusgebied en Constantia

Jessica Marais, verhuringsbestuurder vir Seeff aan die Atlantiese kus, sê verhuringskoerse het ook in dié gebied verhoog.

Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff Property Group, sê met die ekonomie wat weer aan die gang is en internasionale reise wat weer in aanvraag is, verwag die maatskappy ʼn goeie somer- en toeristeseisoen. “Ons het beduidende huurinkomste die afgelope jaar behaal.”

Dit sluit ʼn drie jaar huurooreenkoms van R130 000 per maand in vir ‘n eiendom in Upper Constantia. Dit is reeds vooruit betaal deur ʼn huurder van Ierland.

Twee eiendomme in Kampsbaai word vir onderskeidelik R100 000 en R95 000 per maand verhuur.

Kampsbaai-eiendom teen R80 000 per maand

In Sandton/Johannesburg-Noord het Seeff ʼn dakwoonstel in die Park Central-ontwikkeling in Rosebank vir R92 700 per maand uitverhuur.

Volgens Marais is daar ʼn toename in die aanvraag na luukse huurhuise in welgestelde buurte soos Kampsbaai, Fresnaye en Tamboerskloof. Plaaslike en internasionale huurders stel belang in dié eiendomme. ʼn Gesin van Swede betaal R100 000 per maand vir ʼn eiendom in Kampsbaai; ʼn gesin van Switserland betaal R80 000 per maand vir eiendom in Fresnaye en ʼn Amerikaanse maatskappy betaal R70 000 per maand vir ʼn eiendom in Kampsbaai.

Marais sê daar is min voorraad in die huurmark beskikbaar en gehalte-eiendomme word dus vinnig uitverhuur. Danksy die hoë aanvraag na eiendom het huurpryse reeds met tussen 15% en 20% sedert verlede jaar gestyg.

Jacqui Bush, verhuringsagent vir Seeff Constantia, bevestig daar is ʼn groot aanvraag van internasionale huurders. Buiten die rekord-verhuring van R130 000 per maand in Constantia Upper, werk sy ook saam met verskeie kliënte van die VSA en die Verenigde Koninkryk. Hulle is op soek na uitgesoekte eiendomme in Constantia Upper en kom gereeld na Suid-Afrika vir werk of besigheid.

Daar is ook ʼn toename in die vraag na eiendomme in die R20 000 – R30 000-kerf.

Gauteng

Rochelle Holland, verhuringsbestuurder vir Seeff Sandton, sê daar is ook ʼn verhoogde aanvraag na eiendom in die groter Sandton en Johannesburg-Noord-gebied. Alhoewel die meeste huurders plaaslike inwoners is, is daar ook ʼn toename in die aanvraag van internasionale huurders en persone van ander Afrikalande. Talle verhuis na Johannesburg vir werk en stel belang in die Sandton-buurte.

R195 000 per maand vir dié eiendom in Sandhurst

PG van der Linde, verhuringsbestuurder vir Seeff Pretoria-Oos, sê daar is ook ʼn groot aanvraag na luukse eiendomme, veral in veiligheidslandgoedere. Die mark word aangevuur deur die aanvraag van regeringsbeamptes en personeel van ambassades. Luukse huise word uitverhuur teen meer as ongeveer R30 000 tot tussen R70 000 en R80 000 per maand. ʼn Eiendom in Woodhill-gholflandgoed is vir R64 000 per maand verhuur.

Die eiendom in Mooikloof is beskikbaar teen R65 000 per maand

Wynlande

Moira Atkinson, verhuringsagent vir Seeff Franschhoek, sê daar is ʼn verhoogde aanvraag van buitelandse besoekers en mense wat semigreer na die Wes-Kaap. Atkinson meen dat die Kaapse Skiereiland en omliggende kus- en wyngebiede in groot aanvraag sal wees tydens die komende somer- en vakansieseisoen.

R65 000 per maand vir dié huis in die La Bella Vita-landgoed in die Santé-wynlande, Franschhoek

KwaZulu-Natal

Brett Botsis van Seeff Umhlanga sê die noordkus van KwaZulu-Natal is gewild onder internasionale huurders. Eiendomme verhuur vir ongeveer R35 000 per maand tot soveel as R60 000 in Hawaan Forest Estate, met R100 000 per maand vir ʼn luukse eiendom in Umhlanga Rocks. Eiendom in die Zimbali/Ballito-gebied word tans vir tussen R45 000 en R55 000 per maand uitverhuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Moedeloos ·

Net so dit is kleingeld vir hulle en dan kry hul nog n mooi view ook daarby

Treurwilger ·

Hierdie nuus behoort enige moedelose Suid-Afrikaner te bemoedig.

Louise ·

Liewe GENADE mense het geld… Kyk as ek daai geld op huur moet spandeer, moet als ingesluit wees. Van kok, huishulp, tuindienste tot my eie persoonlike lyf wagte…

Patch ·

Wie het in vandag se tyd nog sulke geld om net op huur te spandeer? Dan ry hulle seker nog ‘n kar of twee ook wat tienduisende ‘n maand kos. Om te dink dan moet jou lewenskoste ook nog bygereken word, skoolgelde, water en elekrisiteit, versekering, medies ens. ens….
Dit is nie veel mense beskore nie.

Nommer 7 ·

Thats Life. Mense wat groot salarisse verdien, het gewoontlik baie goeie kwalifikasies en werk besonder hard. “n Famielid van my het onlangs klaar gestudeer, na 18 jaar, Hy is nou een van drie in SA. Sy inkomste is atromomies, en daarby 12 weke verlof per jaar!

MK123 ·

Wie sê daardie ryk mense werk nie ook hard nie? Ongelukkig sien niemand die harde opdraende pad wat daai mense soms moes loop voordat hulle by sukses uitgekom het nie, maar tog word hul veroordeel wanneer hulle hul geld geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.