[Foto’s] Transitoroof: Reusesoektog begin na verdagtes

Foto: Verskaf.

Die polisie in Limpopo het ʼn reusesoektog na ʼn groep van nagenoeg tien verdagtes van stapel gestuur ná vanoggend se transitorooftog.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die transitovoertuig was tussen 06:00 en 07:00 op die R71 tussen Tzaneen en Phalaborwa onderweg toe drie motors die voertuig voorgekeer het.

“Die verdagtes het plofstof gebruik om die voertuig oop te blaas voor hulle met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug het.”

Die motors wat in die aanval gebruik is, is  ʼn swart BMW-sedan, ʼn Mercedes Benz C200 en ʼn wit Mercedes Benz ML. Die nommerplate is onbekend.

Sake van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek. Die polisie kon nie onmiddellik bevestiging gee oor moontlike beserings nie, maar het wel gesê niemand is dood tydens die voorval nie.

Die polisie het enige iemand met inligting oor die voorval gevra om brig. James Espach by 082 5760743 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wagter ·

Daar het destyds in die movie Heat met Robert De Niro ook n geldwa so beroof, en na die ontpoffing was almal binne in die voertuig se ore gebars van die ontploffing, wonder of dit nog gebeur en of hulle intussen maatreels getref het vir as jy binne sit en die deur is oppad om oop geblaas te word..?

jannas ·

Die vorige roof in Mbombela is daar ook plofstof gebruik n dieselfde kapers voertuie. Hkm het hul nie a landwye soektog vir die motors gedoen nie.

Lalla ·

Jannas, ek begin dink ons gewone landsburgers het meer breinselle as die polisie. Vir ons is dit so duidelik soos daglig, maar dit moet vir hulle uitgespel word. Ek neem aan as hulle die volgende geldwa in ongemerkte voertuie volg, gaan hulle hierdie booswigte vastrek. Wat het geword van as iets in die voertuig ontplof gee dit n ink af wat al die note onbruikbaar maak??? Ai tog, dink ons moet maar eerder by die polisie aansluit.

Annie ·

Lalla die VRAAG vra ek na elke roof. Waarom word daar nie ink of plofstof wat net die hoeveelheid geld in die kas beskadig in die kaste geplaas nie. Dan is dit nutteloos . Dit is nie so moeilik nie. Ek het die VRAAG al aan die hoof van die Valke gestuur per epos maar hul antwoord nie eers daarop nie. Laat mens wonder hoe polities is die transito heists dalk….. Wonder maar net.

snoefie ·

die sekuriteitsmaatskappye kan kameras installeer en skietgate. dan kan die aanvallers in gelyke munt betaal word.

Thea ·

En daar gaan die dorpie Gravelotte se 5 minute van ‘fame’. Die ongeluk het tussen Letsitile en Gravelotte plaasgevind. 15 km vsn Gravelotte af. Wel tussen Tzaneen en Phalaborwa maar dit is wyd. Dis om te sê ‘n ongeluk het tussen Polokwane en Pretoria plaasgevind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.