[Foto’s] Transitorooftog: Geld lê toneel vol

Foto. Facebook via Far North Bulletin.

Die R71 is gesluit nadat daar Dinsdagoggend ʼn transitorooftog op dié pad in Limpopo plaasgevind het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, kon nie in dié stadium veel besonderhede aan Maroela Media verskaf nie.

“Die forensiese ondersoek vind nou plaas. Dit blyk dat die verdagtes die voertuig met plofstof opgeblaas het,” het Ngoepe gesê.

Die verdagtes het na bewering met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug. Foto’s wys kontant wat op die toneel versprei lê. Dit is onbekend of enigiemand tydens die voorval beseer is.

Volgens Ngoepe sal die R71 tussen Tzaneen en Gravelotte op pad na Phalaborwa gesluit wees vir die volgende paar uur sodat die forensiese ondersoek afgehandel kan word.

Hy het motoriste aangeraai om die R36 of die Giyani-pad as alternatiewe roete te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KLEINTJIE ·

Die rand se waarde is nou so laag dit sal nie eers die moeite werd wees om dit op te tel nie.

Eish ·

Dit wil tog voorkom asof transitorooftogte in Limpopo meer gekonsentreerd is as in die res van die land. Dit gaan onbetaalbaar duur word om geld via die kanaal bank toe te stuur vanweë versekeringsmaatskappye se verhoogde premies en bes moontlik, groter vuurkrag en mannekrag op die roetes ten einde die situasie te bestuur.

Sandy ·

Lekker lag ek nou T, waaaaai-windjie-waaaaai!! asseblief na my kant toe.

Hendrik ·

Ek weet nie hoekom gebruik hulle nie helikopters om geld te vervoer. Dit is wel duurder maar seker nie so as as om helikopters in te span om na die rowers te soek as hulle klaar die geldwa vernietig en mense beseer of dood geskiet het om die geld te steel nie. Is die banke dom of steel die rowers minder geld as wat geeis word van die versekering? Polisie kan mos nie die rowers vra hoeveel hulle gesteel jet nie!

Jhob ·

Hulle sal die helikopter afskiet met n bazooka met die hoop die geld is nig daar. Lol.

Ashlee ·

Hendrik, waar gaan die 1000 plus helikopters landswyd dan nou land om op en af te laai? Maar dankie vir die lekker lag grappie van jou vandag.

Willi ·

En daar het julle dit nou, ‘n lekker bonus vir die polisie die week, skuus dit moet eintlik wees vir die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.