Foto’s: ‘Transitorowers’ op heterdaad betrap

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Ses verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem nadat SBV-veiligheidswagte van ʼn onbekende bedrag geld in Ogies in Mpumalanga beroof is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die SBV-veiligheidswagte het geld by ʼn kitsbank afgehaal toe die groep mans op hulle toegesak het. Volgens Mulaudzi het die Valke ʼn wenk ontvang oor die beplande rooftog en die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Die Valke het op ʼn seinblokkeerder, twee voertuie, die gesteelde geld en ʼn vuurwapen beslag gelê. Die verdagtes, tussen 41 en 47 jaar oud, sal binnekort in die Ogies-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof, die besit van ʼn gesteelde voertuig en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Volgens Mulaudzi word een van die verdagtes reeds aan vier ander ernstige misdade verbind. Die moontlikheid word ook ondersoek dat nog mense by die transitorooftog betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannelie ·

Wonderlike werk! Mag die regstelsel tog nie julle goeie werk opfoeter nie!

ladybug ·

Whoooop Whoop! 10/10 vir die Valke! net jammer die gemors haal nog asem!

zahn ·

Skerp manne! Net een vraag, die foto van die sakke op die agtersitplek, is dit geneem voor of na die tweede roof?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.