Die Durbanse polisie en brandweer het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat twee brande Woensdagaand by treinstasies in die stad uitgebreek het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê nooddienste is omstreeks 19:00 na die Berea-treinstasie ontbied.
“By paramedici se aankoms op die toneel was een van die waens in ligte laaie. Die brandweer was besig om die brand te bestry en het dit gou onder bedwang gebring voor dit na die ander waens kon versprei,” het Jamieson gesê. Dit wil voorkom of een treinwa heeltemal verwoes is en twee ander rookskade opgedoen het.
Niemand is tydens die voorval beseer nie. Verkeer in die omgewing is erg ontwrig, aangesien verskeie roetes om die stasie gesluit moes word om nooddienswerkers genoeg spasie te gun om die toneel op te ruim.
ʼn Tweede brand het ook by die Durban-stasie uitgebreek. Skade wat hier aangerig is, is nie dadelik bekend nie.
Die oorsaak van die brande is nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek.
Dis reg in ons land brand ons af want more kry ons nuwes. So SIEK!
Nie moelik om uit te vind nie. Raai net wie speel met vuurhoutjies.
EN more kom die trein vroeer want hy is uitgebrand omdat hy gister laat was .. dit is SA logika.