[Foto’s] Trein ontspoor in Noordwes

Die swaargoederetrein wat in Noordwes ontspoor het (Foto: Verskaf)

Die swaargoederetrein wat in Noordwes ontspoor het (Foto: Verskaf)

Die Spoorveiligheidsreguleerder (VSR) het Vrydag ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn swaargoederetrein Vrydagoggend vroeg by Sandpan tussen Klerksdorp en Stilfontein in Noordwes ontspoor het.

Madelein Williams, woordvoerder vir die SVR, het in ʼn verklaring gesê die trein, wat aan Transnet Freight Rail (TFR) behoort en ystererts vervoer het, het omstreeks 02:45 ontspoor op pad na Welkom in die Vrystaat.

“Die SVR is tans saam met TRF besig met ʼn ernstige ondersoek om te probeer uitpluis wat presies die oorsaak van die ontsporing was. Die SVR is van plan om te verseker dat só ʼn voorval nie herhaal word nie, ongeag die uitkoms van die saak,” het Williams gesê.

Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MANIE ·

Ek dink die baie trein ongelukke is as gevolg van n gebrek aan n behoorlike opleiding van die trein drywers. As ek luister wat van die ou trein drywers se hoe lank hulle opleiding was teenoor vandag beter hulle begin geld spandeer aan behoorlike opleiding of hulle gaan verantwoordelik wees vir mense se dood en vernietiging van eiendom

Ronel ·

Ek stem saam. ‘n Oom het my nou die dag vertel, dat hy iemand moes oplei voor hy op verpligte pensioen gesit is. Binne 3 dae het hulle gereken die persoon is gereed. 2 dae na dit het sy met ‘n trein vol passasiers teen ‘n verbysterende snelheid deur ‘n stasie gejaag. Haar verskoning was dat sy nie geweet het sy moet daar stop nie!!!!

Zapata ·

Manie jy is absoluut reg oor opleiding. Sou ek reg kan onthou moes jy vir 10jaar ‘n senior stoker gewees het voordat jy die drywers eksamen kan afle en treindrywer word. Deesdae word persone in poste aangestel net om die sogenaamde agterstand uit te wis ongeag behoorlike opleiding . Het gekyk na die fotos en het my persoonlike opinie oor die oorsaak.

Abel ·

Nee die persoon wat dai kwytraak weet nie waarvan hy praat nie ek myself is n treindrywer en sulke goed het niks met treindrywers opleiding uit te waai nie

Christa ·

Magtag!!! Wat gaan aan met ons vervoerstelsels?? Die treine ontspoor, die vliegtuie se vragte word beroof, die minibustaxis is daagliks die oorsaak van talle sterftes en die metertaxis veroorsaak chaos op ons paaie!!!

My opinie ·

Die foto wys ‘n sylyn, dus is daar ook skakels wat kon meehelp aan die ontsporing.
Wat egter my aandag trek is die lang gras wat duidelik dui op ‘n gebrek aan onderhoud.

Chris ·

Dit is op dieselfde plek waar daar ook n trein ontspoor het so n jaar of wat gelede? Dan klink dit of daar fout is met die spoor?

Johannes van Staden ·

Nog n probleem met prasa …genade alles val nou uitmekaar by die plek dink dis die 2de trein in n maand !

Johan ·

Daardie goedere trein behoort nie aan Prasa nie.
Daar kan verskeie oorsake wees. Wag eers vir die uitslag vd ondersoek en tel dan eers die klippe op as jy nog lus is om alles en almal om kou te wil stenig

Ronel ·

Miskien was die eindbestemmimg nie soseer WElkom nie. Dalk is dit net genoem om die rigting aan te dui waarin die trein gery het…

brenda ·

Ek bly langs n spoorlyn; die wiele skree die spoed waarteen hulle voortjaag; die agterste trok dans rond en bont; watter gemors!! totale verval.

Vra my , ek weet ·

Ek het in 1993 my Diploma in Treinberdryf verwerf. Terwyl ek Saterdae en Sondae studeer het, het ander rasse huis toe gegaan of net rond rinkink.

GEEN toetsuitslae mag bekend gemaak word nie, wat my dadelik laat besef het dat ander rasse dus sal slaag sonder die nodige kennis wat vereis word. ( Ek het wel uitgevind dat my slaag gemiddelde in die eksamens 97% was !)

Op my vraag hoe `n persoon kan verbeter indien toetsuitslae nie bekend gemaak mag word nie, is aan my gesê dat beleid slegs gevolg word en nie opgestel word deur die Kollege nie.

So het Transnet as daardie jare menselewens in gevaar gestel met hul Regstellende Aksie deur mense aan te stel in poste wie nie eens die vereiste diploma op `n eerlike manier kon verwerf nie.

w ·

My man 1999 weg by Spoornet weens Gesondheidsredes. Voor sy aftrede het ons die chaos gesien ter wille van Regstellende Aksie. In sy tyd mag n trein ni eers een min laat wees nie vandag daag treine soma ni op nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.