Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek te midde van wydverspreide optogte in die middestad.
Lillian Mofokeng, Metrorail se woordvoerder, het gesê voorlopige ondersoek dui aan die waens van Trein 0664 is omstreeks 13:40 by die treinstasie in Doringkloof aan die brand gesteek.
“Geen beserings is tot dusver aangemeld nie. Die motief is onbekend en word ondersoek. ʼn Verklaring sal uitgereik word wanneer ons meer inligting het,” het Mofokeng gesê.
Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik of die voorval met die onluste in die middestad verbind kan word nie. Die voorval word ondersoek.
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag saam met duisende ondersteuners na die Uniegebou beweeg om pres. Jacob Zuma te “dwing” om te bedank. ʼn Petrolbom is tydens die betoging na die standbeeld van Paul Kruger geslinger en het gou uitgebrand. Kyk die video hier.
- Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek. Foto: Verskaf
- Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek. Foto: Verskaf
- Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek. Foto: Emer-G-Med
- Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek. Foto: Emer-G-Med
- Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek. Foto: Emer-G-Med
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Kon hulle nie wag tot die droogte verby is nie,nou word daar weer water gemors.
Hierdie ROOIES is nou regtig vertraag.
Dink hulle nou regtig hul kan of gaan ‘n rewolusie veroorsaak.
HULLE KAN MAAR AANHOU DROOM…
AL WAT HULLE BESIG IS OM TE DOEN IS OM HUL EIE MENSE VERDER TE BENADEEL EN ‘N TOTALE GEBREK AAN RESPEK TE KWEEK VIR HULSELF.
NIEMAND WAT VERSTAND HET EN ‘N SWEEMPIE SELFRESPEK EN DISSIPLINE SAL RESPEK HE VIR HULLE NIE. Hulle is ‘n “disgrace” vir die RSA!!!!!!!!
En tog.. jammer.
Die president kan die geleentheid benut om ‘n noodtoestand uit te roep en die weermag op te roep en dan word ons die gevangenis van sy edele. Mens hoop Malema kan sover dink. Hy slaap dalk kort voor lank in die tjoekie.
Dis verskriklik.