[Foto’s] Treinwaens brand in Pta

Die treinwa wat brand. Foto: EmerGMed

Die treinwa wat brand. Foto: EmerGMed

Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek te midde van wydverspreide optogte in die middestad.

Lillian Mofokeng, Metrorail se woordvoerder, het gesê voorlopige ondersoek dui aan die waens van Trein 0664 is omstreeks 13:40 by die treinstasie in Doringkloof aan die brand gesteek.

“Geen beserings is tot dusver aangemeld nie. Die motief is onbekend en word ondersoek. ʼn Verklaring sal uitgereik word wanneer ons meer inligting het,” het Mofokeng gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik of die voorval met die onluste in die middestad verbind kan word nie. Die voorval word ondersoek.

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag saam met duisende ondersteuners na die Uniegebou beweeg om pres. Jacob Zuma te “dwing” om te bedank. ʼn Petrolbom is tydens die betoging na die standbeeld van Paul Kruger geslinger en het gou uitgebrand. Kyk die video hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

johann barnard ·

Kon hulle nie wag tot die droogte verby is nie,nou word daar weer water gemors.

JC ·

Hierdie ROOIES is nou regtig vertraag.
Dink hulle nou regtig hul kan of gaan ‘n rewolusie veroorsaak.
HULLE KAN MAAR AANHOU DROOM…
AL WAT HULLE BESIG IS OM TE DOEN IS OM HUL EIE MENSE VERDER TE BENADEEL EN ‘N TOTALE GEBREK AAN RESPEK TE KWEEK VIR HULSELF.
NIEMAND WAT VERSTAND HET EN ‘N SWEEMPIE SELFRESPEK EN DISSIPLINE SAL RESPEK HE VIR HULLE NIE. Hulle is ‘n “disgrace” vir die RSA!!!!!!!!

JC ·

Nee Piet, hulle kon net slegs maar van 6% na 8% vorder. ‘n Belangrike punt dink ek is dat hul nie kan regkom by die stembusse nie, en die ou Pedi’tjie weet dit, want die oorgrote meerderheid Sa’ners van alle kleure sien deur die ROOIES, nou wil hy op ‘n onwettige en anargistiese wyse mag probeer bekom en hy gaan nie regkom nie!!
Dit bly maar net hy en sy klein groepie anargiste en terroriste; WAT OOK VERANTWOORDELIK IS VIR AL DIE GEHARWAR EN SKADE BY ONS UNIVERSITEITE OOK!!!!

John ·

Die president kan die geleentheid benut om ‘n noodtoestand uit te roep en die weermag op te roep en dan word ons die gevangenis van sy edele. Mens hoop Malema kan sover dink. Hy slaap dalk kort voor lank in die tjoekie.

pieter ·

Laat hulle met die voet loop dan sal jy sien hoe vinnig hou hulle op brand. Stop al hulle vervoer middels wat die skollies vervoer.

Alida ·

Pieter jy verstaan nie. Dan betoog hulle weer omdat daar nie vervoer is nie

Penellope Jones ·

Lyk mu hulle kan doodeenvoudig nie vuurhoutjies, aanstekers en vlamme weerstaan nie.

Manie ·

Die EFF ondersteuners is net so krimineel soos hulle kriminele Malema. Hoekom moet die hele Pretoria veral middestad gyselaar gehou word deur n klomp kriminele

Manna ·

More brand hulle weer treine omdat daar nie genoeg treine is

fred ·

Ag, ek raak nie eers meer kwaad nie – nie goed vir die gesondheid nie. EXCEPT THE THINGS YOU CANNOT CHANGE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.