Foto’s: Trok ploeg deur motors in parkeerterrein

Foto: Facebook/South African Paramedic Services

Foto: Facebook/South African Paramedic Services

Een persoon is beseer en talle motors beskadig toe ʼn vragmotor Vrydag in motors in ʼn parkeerterrein in Tableview ingeploeg het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het vermoedelik teen ʼn motor in die straat, by ʼn oorgang by Blaauwbergweg, gebots wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor het en teen die motors in die parkeerterrein vasgery het.

Een persoon het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Elf voertuie is in die voorval beskadig, het Meiring gesê.

Die plaaslike polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.