Foto’s: Trokke brand in Vrystaat

(Foto: SAPD)

Vyf vragmotors is Saterdagaand op die R59 tussen Parys en Sasolburg in die Vrystaat aan die brand gesteek.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die eerste vragmotor is na bewering met ’n petrolbom bestook en gedwing om dwars oor die pad stil te hou waarna daar skote op vier ander vragmotors afgevuur is om hulle ook tot stilstand te dwing.

Die bestuurders van dié vragmotors het die veld ingehardloop en die vragmotors is ook aan die brand gesteek.

Makhele sê die polisie is omstreeks 20:50 na die toneel ontbied. Die brandweerdiens in Sasolburg het teen daardie tyd reeds die vlamme geblus. Die bestuurders van die vragmotors is vir skokbehandeling na ’n hospitaal in Parys geneem.

Die motief vir die aanval word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting omtrent die voorval word versoek om ao. Freddie Nel by 083 756 7977 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Malema

Werner

Motief is terrorisme.Sien hulle beplan dit landswyd van more af.Maar hulle is mos bo die wet verhewe so hulle kan dit seker maar doen

Sarel

Die Regering is stil

Petrus

Kan Ramaphosa dan nie “iets” doen?!..hy’s tjoepstil, ook oor die gebeure in Brackenfell. Die Land klaar afgegradeer na rommelstatus, wat wil hulle nog bereik?

Persheks Adri

EFF’ers en sy ground forces pffft