Foto’s: Trompop botsing eis twee

Foto's verskaf

Foto’s verskaf

Twee mense is Donderdag in Brandfort in die Vrystaat dood en ʼn man kritiek beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het sowat 5km buite Brandfort plaasgevind. “Twee mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die man wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die pad was vir ʼn geruime tyd vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim en ondersoek is.

IMG-20140717-WA0017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Trippie

Ons kan bevestig dit is wel ‘n “trompop botsing”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Trippie ·

Goeie more Suné – baie dankie vir jou terugvoer.

Dan volstaan ons daarmee. Ek was net onder die indruk “trompop” verwys na die jong dametjies wat by sportbyeenkomste, ens. optree.

Jas van As ·

My gesonde verstand sê ook dit moet tromp-op wees. Volgens die Afrikaanse spelreëls deel mens die woord in lettergrepe op. Trompop: trom – pop, wat wel dan na ‘n trompoppie verwys. Ek dink julle moet die HAT naslaan, dit sal ook bevestig dat dit tromp-op moet wees.

Nico Strydom ·

Haai Trippie en Jas

Volgens die HAT: ‘n Trompop botsing, botsing reg van voor.

Vriendelike groete
Nico
nms Maroela Media

Jas van As ·

Hallo Nico. Ek het ook in my HAT gaan kyk. Tromp-op moet ‘n koppelteken in hê.
Groetnis

andries ·

Ongelukke op die pad word al erger,mense gee nie meer om oor spoed of om dood te gaan nie. Jy wat ordentlik bestuur word gevloek deur ander wat net glo aan spoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.