[Foto’s] Tuks-studente bewys hul eenheid

Die groep Tuks-studente bid saam op kampus Foto: Daniella van Heerden, eNuus (via Facebook)

Die groep Tuks-studente bid saam op kampus Foto: Daniella van Heerden, eNuus (via Facebook)

Studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het Dinsdag saam gebid en ʼn veldtog op sosiale media van stapel gestuur onder die hutssleutel, “Colourblind”, ná betogings vandeesweek klasse ontwrig het.

“Studente het besluit hulle is nou moeg daarvoor dat lesings gekanselleer moet word weens ʼn handjievol radikale studente wat dít, wat veronderstel was om ʼn gesprek te wees oor die universiteit se taalbeleid, in ʼn gewelddadige rasse-uitbarsting laat ontaard het,” het ʼn groep studente op ʼn Facebook-groep, genaamd #Colourblind, geskryf. “Om dit teen te staan, en die aandag daarop te vestig dat talle studente van hierdie wonderlike instansie, en ook baie studente van hierdie wonderlike land, billike en geïntegreerde studies ondersteun, verwyder van die rasse-paradigmas en militante agendas, is ʼn vreedsame betoging teen enige vorm van rassisme op die been gebring.”

Volgens die Facebook-groep word alle studente aangemoedig om foto’s te neem van hulself saam met ʼn persoon van ʼn ander ras te neem en dit as ʼn swart-en-wit-foto op sosiale media te deel met die hutssleutel, #ColourBlind. Die Facebook-groep is Maandag gestig en het reeds byna 2 000 lede.

Intussen het die Facebook-blad, South Afri-CAN, foto’s van die eNuus-verslaggewer Daniella van Heerden gedeel waar studente by Tuks ʼn groep begin het om vrede te bevorder tussen verskillende rasse en gelowe. Volgens die Facebook-plasing het die studente hande vasgehou en in Afrikaans, Engels en isiZulu liedere gesing. “Die groep is begin om te bewys dat geweld nie die antwoord is nie en dat die groep nou reeds groter is as die huidige gewelddadige politieke groepe op die kampus,” lui die plasing.

Maroela Media het vroeër berig ʼn student aan Tuks het besluit om ʼn “kampus-gebedstaptog” te begin omdat hy glo dat God is in beheer van dié kampus. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

#colourblind ·

Trots Suid-Afrikaner, trotse Tukkie ouer, met hierdie positiewe gesindheid sal ons vorentoe gaan. En vir al die negatiewe kommentaar wat volg, dit gaan soos water oor ‘n eend se rug.

tamboti ·

Ek is nie negatief nie maar onthou as jy “colourblind” is gaan jy nie sien die lig is ROOI nie.
Ja dit is goed as saam gebid word en saam hande gevat word, maar dan vir die behoud van die goeie en nie sommer net ter wille van vrede nie:
Orde
Respek
Reels
Integriteit
Standaarde
Vooruitgang
Eerlikheid en waardigheid
Sal die anderskleuriges ook saam vir Afrikaans se behoud bid??????

Candice ·

Baie trots op julle dat jul dit begin het.
Ek het n 3jarige seuntjie en ai maak my hart so seer om die dinge te sien wat my seuntjie se toekoms kan benadeel in SA.
My seuntjie se beste maatjie is swart en ai hy is so oulik en hulle leer so baie van mekaar.
So weereens baie baie dankie.

Trolle ·

Darm n liggie wat erns aangaan vir ons om dit te sien.
Hoekom sien ons dit nou eers,dog al die swart studente is teen wit.

Annatjie ·

Dankie vir julle pragtige “colour blind” gelowige jongmense wat n wonderlike voorbeeld stel. Hou so aan Jesus kinders. Sterkte

Louise ·

Dit is nou die gesindheid wat die wa deur die drif sal trek en voorkom dat n klein groepie geweldenaars die stilswyende massa oorheers. Ons is trots op julle.

DPJ ·

Dit is so prysing waardig dat die studente terug draai na God drie-enig. God sien alles raak.
Al kom net een ander tot bekeering het julle baie bereik!!

anta ·

Dit is dalk hoogtyd dat ons mekaar probeer verstaan,,, en ja dink eff het n aandeel !!
maar baie trots op al die kinders wat hande gevat het,,, JESUS gaan ons nie vry maak in al die goed wat aangaan in s.a , voor ons nie op ons kniee gaan en bid…AAN DIE KRUIS HET CHRISTUS TWEE VYANDE BYEENGEBRING EN HULLE VRIENDE GEMAAK…GLO ons nog in jesus?

C.Smit ·

Almal moet trots wees op sy kleur en taal
Dis net die wat nie trots is, wat probleme gee.!

Candice ·

Ek stem saam jou C. Smit. Ons is almal geregtig op watter taal ons praat en ons kan die ander leer en die ander ons sin leer maak dit fun die n rassis ding nie asb. Die Here het dit so vir ons gekies. Respek vir mekaar is so belangrik.

Apie ·

n Baie positiewe stap, maar waak teen die satan. Te goed om waar te wees!! More word jy in die rug gesteek. Kom ons hou maar duime vas.

Gemsbok ·

Dit alles kom tot niks indien die UP besluit om Afrikaans as onderrigmedium te skrap.

Liewe Heksie ·

Ja ek het ok met verwondering op tv dit gesien en daai groepie hoe klein ookal het erens in my hart tog n bietjie hoop gegee

Trotse Tukkie ouer ·

Ek is so trots op julle. Hierdie is studente en dit is by hul instituut waar hul net n verdere onderig soek in hul rigting. Die moles makers is NIE STUDENTE -dit is Eff @ Anc opstekers, vernielsugtige stem werwende politkuste. Studente staan saam jul is op die regte pad. As ons nie verniel nie kan ons vir baie meer onderig gee @ons rand kan herstel!!!!!!!!! Ek is n trotse Tukkie ouer!

Trots ·

Dit is hoe geweld en onrus beheer word – staan saam en bid! Julle jong mense wys ons oues hoe dit gedoen word. Kom ons bid saam!

Trots ·

Dit is hoe geweld en onrus beheer word – staan saam en bid! Julle jong mense wys ons oues hoe dit gedoen word. Kom ons bid saam!

Michael ·

Ek stem nie saam g@t kruip gaan nie help met hierdie klomp anargiste nie hulle het ‘n politieke agenda en hulle gaan dit deurvoer hulle moet weet dat as hulle stamp gaan hulle terug gestamp word soos wat in Bloemfontein die geval was
My opinie

alida ·

Ek hoop die Universiteit staan vas in dat Afrikaans NIE gaan verdwyn nie. Moet asb nie die spul betogers hulle sin gee nie.

Piet Pompies ·

Ek glo ook dat ons land se redding lê in ons geloof in Jesus Christus, ons jeug stel die voorbeeld, volg dit na!

anna ·

Baie dankie studente vir hierdie pragtige gebaar en voorbeeld!!!! Ons is so trots op julle.
Laat die egoistiese lektore/profff’s en kie besef hulle beteken eintlik niks nie!!!! Hulle kan nie ‘n geloof verander nie!!! Hulle kan nie hoop verander nie! Hulle kan nie integriteit verander nie – want hulself het nie een van daardie eienskappe nie!!! Hulle het ook geen leierskap nie – en dit is baie sigbaar en selfs die buiteland weet dit met die info wat ek van buitelandse vriende kry. Hulle het hul name self deur die modder gesleep. Pragtig studente – wit en swart! julle is ‘n ware ligpunt!!!! Julle sal die sukes van S A word!!!!!

jaycee ·

Ek glo ‘n Christelike, verdraagsame benadering sal tot ‘n oplossing lei. Maar dit beteken nie Afrikaners moet sy eie kultuurgoedere, soos onder meer taal, oorboord gooi nie. Die Bybelgeskiedenis is oorvol bewyse van die reg [eintlik opdrag] van ‘n volk wat in die God van die Bybel glo, om hulle eie instellings en volkstrots uit te leef. Ek herhaal: binne ‘n Christelike raamwerk. Indien hierdie kultuurgoedere in diens staan van hulle geloof, het die betrokke bevolkingsgroep die volste reg om hulle te verset teen pogings om dit te vernietig.

tamboti ·

Reg Jaycee, “leef in vrede sover moontlik” en lees bietjie Dawid se Psalms, en Christus self het gese dat mense dink Hy bring vrede na die wereld, maar Hy bring twis en onmin, selfs tussen broers.

Trolle ·

Die nuus sit net comments op wat hulle pas nie soos mense voel nie,al se jy nie eens iets aanstootlik nie.Ek sien baie dubbele agendas hier.

Yoli ·

Geloof sonder werke is dood. Jesus het self gebid dat die bitter beker by hom verby gaan. Nog steeds moes hy moed wys en is deur die vyand gekruisig! Bid maar wees gereed en waaksaam. Die beker sal ons steeds moet drink. Kyk mey die gelofte. Gee die vyand in ons hand… Nie stop U die vyand en ons hoop om hom weg te bid nie! Snert! God help those that help themselves! Staan op! Ons is die verbondsvolk! Die oorblyfsels van ‘n klein minderheid. Die engelse het ons vermoor. Swart en wit. Nou wil hulle dit weer probeer… Gee geld vir die vyand! Ons sal die laaste geslagte wees wat dinge kan verander. Vir ons almal. Geloof en dapperheid sal ons aan gemeet word. Staan op, gespe die wapenrusting van God aan, want ons is ‘n volk gebore uit die verskroeide aarde. Moenie laat hulle bloed verniet ons vlag deurdrenk het nie. Laat ons God en ons ander helde, wys, ons is waardig om te baklei teen die aanslag. Niks is ooit verniet nie! Bloed, sweet en geloof!

sanet ·

Baie trots…awsome en hou vas en hou aan. Vertrou getalle groei steeds en julle n grooot voorbeeld! Staan net vas en weet God is is beheer!

Willie ·

Dierbare God en Hemelse Vader
As daar ooit in hierdie land se geskiedenis ‘n klein groepie jongmense U hulp en leiding nodig gehad het,dan is dit hierdie groepie jongmense. Vader tree U asseblief in hulle midde in,en help hulle om hierdie groep wat chaos en wanorde wil saai te wys dat GOD GROTER en MAGTIGER is AL SATAN se magte.
Here ek bid dat U hulle sal saamsnoer,krag en wysheid,kalmte en vasberadenheid sal gee,die KRAG van GELOOF in U…dat U hulle sal help deur met vreedsame samesyn Satan se magte sal bind en in die duisternis wegwerp. Word U asseblief hulle persoonlike Leier,hulle gaan U hulp so nodig he.
Dankie dt ons kan weet dat U reeds by hulle is,wany U het gese daar waar twee of meer in My naam vergader SAL EK teenwoordig wees.
Baie Baie Dankie ons Hemelse Vader
Hossanna in die Hoogste Hemele!!!!!!

Willie

RITA ·

AMEN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! baie dankie vir die mooi gebed Willie. God is en sal altyd in beheer wees. Niemand is groter as God nie. Ons moet net bid sonder ophou. Dit is God se manier om n eenheid te bewerkstellig tussen mense.

Chris ·

Dit is “n baie hartseer saak, en die slegte van alles< dit is die "Born Free" kinders wat mekaar so aanvat. Maar by gese, dit is ook die "Born Free" kinders wat hande vat en saam bid. Trots op julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.