Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba

Anne Ferreira het die foto geneem van die gebied waar Klein Kariba se buite swembad is.

Anne Ferreira het die foto geneem van die gebied waar Klein Kariba se buiteswembad is.

Lees ook ons opvolgberig:
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade

Twee bejaardes van Bela-Bela word vermis nadat ʼn kitsvloed Vrydagmiddag die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Limpopo getref het.

Die bejaardes, wie se name nog nie bekend is nie, was teen Saterdagmiddag steeds vermis, het een van die oord se bestuurders, Elza-Lee Pretorius, aan Maroela Media bevestig. Die twee bejaardes was dagbesoekers van Bela-Bela.

Dr. Wim de Wet, die hoofbestuurder van die oord, het Vrydagaand ʼn verklaring uitgereik waarin hy gesê het swaar reënval sedert Donderdag het ‘n bogemiddelde vloei van water deur die oord tot gevolg gehad. Nagenoeg 150mm reënval is gemeet.

“Vrydag net ná 13:00 het ons ʼn berig ontvang dat ʼn damwal by ‘n oord aan die bokant van Klein-Kariba gebreek het. Binne sekondes het ‘n watermassa die oord getref en is die restaurant, winkel en binneswembad oorstroom. Kleiner geboue en strukture is saam met voertuie wat by die winkel geparkeer was, meegesleur,” het De Wet gesê.

Verskeie voertuie het stroomaf teen bome vasgespoel en een voertuig is tot teen die damwal by die gholfbaan meegesleur.

Van die voertuie wat deur die vloed meegesleur is. Foto: Kenneth Linton / Twitter

Van die voertuie wat deur die vloed meegesleur is. Foto: Kenneth Linton / Twitter

“Personeel het dadelik twee noodstasies ingerig, aangesien die oord deur die vloedwater in twee dele verdeel is. Stappe is dadelik geneem om gaste op te spoor en om hul veiligheid te verseker deur hulle na hoogliggende berghuise te neem. Elektrisiteit en watertoevoer is nie in dié gebiede ontwrig nie.”

De Wet het gesê spanne van die polisie, rampbestuur en nooddienste was baie vinnig op die toneel en het professioneel en effektief bygedra tot die hantering van die situasie.

Foto: @risies / Twitter

Foto: @risies / Twitter

“Gaste wat vir die naweek oppad Klein-Kariba toe was, is geskakel om hulle van die situasie in te lig en hul besprekings te kanselleer. Verskeie gaste moes ook by hul aankoms van die ramp verneem en alternatiewe verblyf reël of terugkeer na hulle huise. Ons vra om verskoning  vir die ongerief,” het hy bygevoeg.

Die soektog na die vermiste bejaardes duur voort.

Die Limpopo-polisie was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

riaana ·

My sussie en haar man was ook die naweek in geboek by klein kariba hulle wou donderdag deur gery het maar ek het toe vir hulle gese hulle moet Vrydag ry toe hulle daar kom toe kon hulle nie in gaan nie as gevolg van die oorspoelings Baie sterkte aan die twee bejaardes wat vermis is se familie Ons liewe vader sal julle deur die moeilike tyd drae

wynand ·

Ons was die hele week da en gelukag het ons frydag uit gegan vir die dag. Ons het in die tent huise gebly ons het gesukel om by ons goed uit te kom. Dank se die bestuur by die oort het hulle ons ge escort deur die water want ins het darm n bakie gehaat. En hulle het ons in kennis gestel om liewers die oort te verlaat die saterdag wat guster was. Ons het ook gesukel om uit te kom met al die water en klippe. Dis baie hartseer om die plek so te sien

Freda ·

Dis vreeslik om hiervan te lees en fotos te sien! Sterkte Klein Kariba

kobie ·

hierdie fotos is erg. my kinders was ook daar vas gekeer. Kon eers saterdag aand inderhaas padgee.
Die trauma wat die mense daar deur moes gaan sal lank nog in gedagtes wees. Die fotos wat hul geneem het is afgryslik.Dankie Vader dat U hulle veilig gehou het. Sterkte aan die personeel van die oord wat daar moes bly,sterkte ook aan almal wat deur die trauma is.

J P Brenkman ·

Ons het ook een jaar in Januarie daar gekamp en visse in die straat voor die woonstelle net bokant die karavaan kamp opgetel na so n vloed,,maar hierdie moes baie erger gewees het as ek na die fotos kyk….en die karavane so opgefrommel sien….dit gaan weer gebeur en die Oord sal met die herstel van die oord aandag moet gee aan hoe die uitwerking van so n vloed n kleiner impak sal he in die toekoms. Ons voel bitter jammer vir julle almal en kan net dink aan die finansieele implikasie vir die oord as daar nie fasiliteite is om te verhuur nie… .

dossie Hand ·

My gebede gaan uit vir al die slagoffers vd ramp asook die bestuur van Klein Kariba. Staan vas in die geloof. Baie jammer vir almal

Linda ·

My hart gaan uit na almal met hul verlies met besittings en dalk met lewens.
Ek dank die Here dat Ma-hulle wat laasweek op Klein Kariba gebly het ongedeerd tuis is.
Aan die bestuur van Klein Kariba julle en jul personeel is in ons gebede – ons besef dit is ‘n groot verlies en groot ontwrigting ook vir julle..

Charmaine Griffin ·

Aan Klein Karbia personeel en vakansie gangers my hart gaan uit na julle en ook aan die familie wat hulle ouers/oupa en ouma so tragies moes verloor.

Hierdie is beslis ons familie se gunsteling oord, was in Desember daar en dit is skokkend om te sien daar waar ons geloop, gebraai, geeet, gele, en gelag en net dit geniet het, sit daar karre in die bome waaronder ons gesit het, die karre in die slote. Die onderdak swembad!! Dit is baie hartseer.

So sleg as wat dit nou is so goed sal dit weer gaan!

Anne-Marie Roode ·

Baie sterkte aan die twee bejaardes wat vermis word se familie ons harte gaan uit na julle sterkte ook aan die oord se personeel wat alles in hul vermoe doen of gedoen het om al die gaste te help waar hulle kon…..sterkte KLein Kariba!!!!

Yolandi Harmse ·

Dis hartseer oor wat met die 2 ou mensies gebeur het.my simpatie is by hul famielies. Sterkte aan klein Kariba..

Maar by gese ek het vandag n oproep van klein kariba af gekry. Ons was veronderstel om soentoe te gaan nou die 21ste maart maar dis sopas gekanseleer. Want die oord is toe gemaak vir tyd en wyl. Dit sou ons eerste besoek daar gewees het. Ek hoop regtig hulle kan klein kariba kry soos dit was voor die vloed. Ek het gehoor dis n heerlike plek om vakansie by te hou.

Weereen sterkte aan al die personeel,eienaar en Famielie van die 2 vermistis.

Johan en Felicia van Deventer ·

Ons het laasweek by Klein Kariba gekamp en sou Vrydag (die dag van die ramp) vertrek het, maar omstandighede by die huis met al die reen in Centurion het ons laat besluit om Dinsdag op te pak. Ons het op staanplek “L” gestaan en soos ek die videos en fotes kyk het al die staanplekke met die alphabet in die slag gebly.

Ons wil net vir Dr Wim de Wet en al sy personeel se, ons dink aan julle en bid vir sterkte deur die moeilike tyd. Ook ons meegevoel met die twee bejaardes wat vermis geraak het se familie.

Susan du Preez ·

Sterkte aan al die personeel asook die familie van die oorledenis en aan andere wat die gebeur moes
deurmaak.Ons bid vir julle!!!

Ons het ook so ‘n paar jaar terug by die oord gaan kamp. Skaar 10 minute op ons staan plek aangekom
het die dam wal ook gebreek en die vloed water het deur die oord gevloei. Mense moes ook inderhaas
met hulle kamp toerusting en woonwaens skuif. Ek en my dogter het gehelp om mense se besittings uit die water te red. Die gebeure was baie traumaties vir ons en wil nie weer so iets deur maak nie.
Hierdie keer was dit baie erger as die vorige keer.

susan stols ·

Ai ons kan nie enige kometaar lewer nie net dat ons aan hul dink en die skade baie sterkte voorentoe

theresa geers ·

Klein kariba was en is nou al vir die afgelope 21 jaar my en my man se vakansie plek. Dit is baie hartseer om die oord so te sien. Ons gebede gaan uit aan die personeel van die oord en bid en glo dat die klein paradys vinnig sal herstel. Na die nuus van die vloed het ons na al ons fotos gekyk deur die jare en al die pret wat ons daar gehad het. Dit is net die beste herriniringe saam ons kinders. Baie sterkte aan almal. Ons gebede is saam die families van die twee bejaardes. God is met julle.

Kristin ·

Soo hardseer :( ons sou soontoe gegaan het die vakansie maar …… moenie stress nie klein kariba . Ek glo julle sal vinnig reg kom . My afrikaans mondeling sal oor die storie gaan . Hou duim vas en ek bid vir julle !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.