Foto’s: Twee beseer in sweeftuig-ongeluk op Seinheuwel

Foto: Verskaf.

Twee mense is Vrydagmiddag beseer in ʼn sweeftuig-ongeluk op Seinheuwel.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn vrou, vermoedelik in haar 40’s, en ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, is Vrydag omstreeks 13:00 aangetref waar hulle op die heuwel gelê het.

Volgens Siddall was paramedici van die gemeenskap en die brandweer ook op die toneel en het gehelp om die man en vrou te behandel.

“Die twee is matig beseer. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Wàt op aarde kan die polisie ondersoek daaraan? Seker moet hulle seker maak die beserings is opgedoen soos vertel maar die ondersoek sal wees deur dbl.

jaco ·

Dieselfde webwerf wat so veg vir die behoud van Afrikaans, gebruik die naam Seinheuwel, wat eintlik net ‘n direkte vertaling van die berg/heuwel se Engelse naam Signal Hill is. Die korrekte Afrikaanse naam is Vlaeberg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.