Twee beseer ná kar stomp tref

boomstomp-ongeluk3

Foto: ER24

Twee mense, waaronder ʼn kind, is beseer nadat ʼn boom omgeval het en ʼn stomp op ʼn motor te lande gekom het in George in die Wes-Kaap.

Pieter Rossouw, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in CJ Langenhovenstraat plaasgevind. Volgens Rossouw het ‘n 20 meter hoë boom omgeval waarna die ongeluk plaasgevind het.

“Die volwasse pasiënt het matige beserings in die botsing opgedoen. Die kind is ook lig beseer,” het Rossouw gesê.

Paramedici het albei op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joe64 ·

Die “stomp” is toe al die tyd ‘n tak!

Hoop die beserings was gering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.