Foto’s: Twee beseer toe vliegtuig neerstort

Foto: Netcare 911

Twee mans is beseer toe ʼn ligte vliegtuig Saterdagoggend by Cato Ridge naby Durban in KwaZulu-Natal neergestort het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die nooddiens se paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied. Daar het hulle die wrak van die vliegtuig aangetref.

Albei insittendes van die vliegtuig is in die ongeluk beseer en is op die toneel behandel voordat hulle deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem is.

Beamptes van die Ethekwini se brand-en-reddingsdienste, asook die SAPD het die toneel afgesper om ondersoek in te stel. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Geluk aan die vlieenier wat ‘n noodlanding kon uitvoer.Dit kon baie erger gewees het.Hoop die manne herstel vinnig.

kas ·

Ia dit ‘n ligte vliegtuig of ‘n mikroligte vliegtuig.Ek glo daar is ‘n wesenlike verskil.Dit lyk nie vir my soos ‘n ligte vliegtuig nie.Kenners spreek julle mening uit asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.