[Foto’s] Twee brand dood in botsing

Die uitgebrande wrak van die voertuig. Foto: SAPD

Twee mense is dood toe ʼn voertuig Saterdagaand ná ʼn botsing buite Polokwane in Limpopo in vlamme uitgebars het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 22:00 op die N1-Suid gebeur. Volgens Ngoepe het ʼn voertuig en ʼn Range Rover gebots voordat die voertuig vlamgevat het. “Die voertuig het heeltemal uitgebrand met albei insittendes daarin,” het Ngoepe gesê.

Twee mense in die Range Rover het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.

Die liggame in die uitgebrande voertuig is so onherkenbaar verband, dat die polisie nog nie die geslag of ras van die oorledenes kon vasstel nie. Ngoepe het gesê die identiteit van die twee oorledenes sal deur middel van DNS-toetse bepaal word.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ouboet 9 ·

” ‘n Voertuig en ‘n Range Rover”. Is ‘n Range Rover dan nie ook ‘n voertuig nie?

Abigail ·

Die een voertuig kan nie identifiseer word nie, anders het hulle hom gespesifiseer. Hy is uitgebrand. Hulle moes seker gese het ‘n onbekende voertuig.

Rassie ·

Nie dat ras bepaling inelkgeval help nie want die media mag ras mos nie noem nie.

annoniem ·

Kan ek nie mooi vra dat minder grafiese fotos gewys word van ongelukke nie.
Ek weet dit is die werklikheid, maar mense soos ek wat n kind in n ongeluk afgestaan het aan die dood se wonde word elke keer oopgekrap….ek verstaan nognie wat is nuuswaardig daaraan nie.
Kruisig my maar, maar dit is die waarheid.

Natascha ·

Blykbaar my pa en buurvrou oppad terug van die werk af. Polisie kantoor gebel aan my n ander nr gegee daar vrou aan die ander kant se hulle het niks op hulle records. Ek sit in Namibia wie kan ek kontak om iets uit tevind?

Appels ·

Tik asseblief jou boodskap duideliker dan kan ons beter verstaan om te probeer help.

Appels ·

Bel die plaaslike koerante daar. Dit is die Polokwane Observer en die Northern Review.

Natascha ·

Appels wat is nie duidelik aan my boodskap nie. Moontlik moet jy dit van vooraf lees?

Magda ·

Die mense ry soos padvarke – verkeer of nie verkeer nie – Sterkte aan die Familie – maar regtig – daar sal iets dringend gedoen moet word aan die mense wat nie die padreels nakom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.