Foto’s: Twee dae oue baba in hospitaal gebrand

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Die ouers van ʼn babaseuntjie gaan regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid doen nadat hul baba glo ernstige brandwonde in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het toe hy twee dae oud was.

Mariaan Pienaar (25), die ma van baba Juan, het op 18 Junie aan haar en haar verloofde, Riaan Venter, se eersteling geboorte geskenk. Die paartjie bly in Boksburg.

“Ek het die Woensdag geboorte geskenk. My babatjie is tussen laat Vrydagaand en vroeg Saterdagoggend met ʼn elektriese warmkombers in die hospitaal gebrand,” het Pienaar Woensdag aan Maroela Media gesê. “Ek het hom nog die Vrydagaand gaan nag soen. Hy het koud gekry. Sy handjies en voetjies was yskoud en blou. Ek wou vir hom warm klere aantrek, maar die verpleegsters het my verbied en gesê hul mag net hul eie higiëniese komberse gebruik.”

Mariaan Pienaar en Riaan Venter, Juan se ouers.

Mariaan Pienaar en Riaan Venter, Juan se ouers.

Toe sy egter die Saterdagoggend vroeg by sy bedjie aankom, was Juan onder ‘n silwer warmkombers. “Die kombers was vuurwarm. Toe ek dit oplig, was daar groot blase op sy knieë, daar was ook blase op sy toontjies en regterarm.”

Pienaar was baie ontsteld en het antwoorde van die hospitaal se dokters en verpleegsters geëis. Die personeel het glo drie verskillende weergawes aangebied oor die moontlike oorsaak van die blase.

“Eers het hulle gesê my kind is só gebore, maar dit is absolute onsin. Ons het ook foto’s geneem by sy geboorte en daar was nie enige blase nie,” het sy bygevoeg. “Toe het hulle weer gesê dit is bloedklonte in sy bene wat gebars het.”

Baba Juan se brandwonde.

Baba Juan se brandwonde.

Sy sê Juan het in daardie stadium ook septisemie en brongitis gehad en die dokter het gesê die blase is deur die septisemie veroorsaak. Pienaar het geweier om uit die hospitaal ontslaan te word sonder Juan. Sy wonde het na twee weke swart geword waarna albei na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas is. “Ek kan nie kla oor die diens wat ons by dié hospitaal ontvang het nie, maar hulle het toetse gedoen en wou nie bevestig dat my kind wel brandwonde opgedoen het nie.” Prinsloo meen dit is moontlik om die ander hospitaal te beskerm.

Sy het intussen ʼn privaatdokter genader wat onderneem het om Juan gratis te behandel. Ma en baba is uiteindelik Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Die dokter het versoek om anoniem te bly. Sy het aan die paartjie bevestig dat Juan wel brandwonde opgedoen het.

“Juan se wondjies lyk nou aansienlik beter,” het Prinsloo bygevoeg. “Ons behandel elke dag sy wonde en smeer salf aan, waarna ons dit met gaas, pleister en verbande bedek.” Sy sê Juan moet fisioterapie kry en hulle sal moet wag en sien of die wonde enige permanente skade aangerig het.

Die paartjie raadpleeg Saterdag prokureurs om die pad vorentoe te bespreek.

Pienaar sê sy is stomgeslaan oor die hulp wat hulle van organisasies en die gemeenskap ontvang het, en het almal vir hul bydraes en gebede bedank.

Patricia Mokoena, ʼn woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het bevestig Juan is in die Bertha Goxwa-hospitaal gebore, maar het nie oor die beserings uitgewei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elzaan ·

As dit darem my kind was!!!! Jy sou my moes vashou in die hospitaal of daar was moord. En die beste is altyd vir my, hulle jok om mekaar te beskerm. Se eerder wat regtig gebeur het en dan kan die regte behandeling gegee word.

Trippie ·

Wat ‘n skreiende skande !

Ja, daar is nog baie mense wat hulle harte en beursies wyd oopmaak, veral waar dit kindertjies aangaan. Van my kant ook – ek hoop en bid klein Juan genees ten volle.

Peter ·

R500 million to do a cosmetic upgrade to a hospital but no skills upgrading, disgusting. This is a current photo, just think of what these people have been through for a month and then there’s denial and no acceptance of responsibility from the hospital, this is gross negligence and all involved should be held accountable, from the top to the bottom.

elzane ·

Eks bja bly dat julle dit verder gevat het sy arme kniee lyk bja eina hulle dnk ook tog die babas voel niks maar hulle doen ai ek hoop hy word beter en ek se hulle mut sy kniee reg maak same as dt ek was het ek hulle iets aan gedoen ai mama sterkte nou weet almal darvan en almal dnk 2 keer sterkte aan julle

tommie richards ·

Ek dink enige iemand of plek kan n fout begaan, en plaas hul erken en jammer se, maar nee, dit lieg eerder. Gaan so gou moontlik en kry meer as een medisie verslag, en. Laat die prokureer die gevoorte verslag ensm by die hospitaal aanvra, dit sal deur n hofbevel gedoen moet word, so gou moontlik,want hul kan dalk records verander, vir veiligheid versoek ook dat bewys van wie op diens was ens gelewer word. Nalatigheid moet ees deur die mediesie raad veroordeel word, dan kan julle hof toe gaan.

Peter Says ·

Hospitaal se julle…klink liewer vir my na “House of Horrors” sterkte klein mensie, mag jy ten volle genees.

maritza ·

Ek is geskok om dit te hoor. My dogtertjie is laasjaar in dieselfde hospitaal gebore en als was perfek. Die hospitaal was skoon, die susters het gereeld op ons kom check en als. Het gereelde etes gekry. Baie beter as meeste van die ander gorv hospitale. Ek dink iemand het nie haar werk reg gedoen nie en nou ly die arme kleintjie. Ek hoop hy word gou beter!

Madelene ·

Ek stem saam. Die hospitaal is is pragtig skoon en netjies. Al probleem was die staf wat daardie Vrydag aand aan diens was

Jan ·

‘n Bietjie dankbaarheid vir ‘n kind wat ‘n dodelike babasiekte oorleef het … ek mis die dankbaarheid. Ja, dis maar jammer dat die kind seergekry het, maar hy leef, in ‘n groot mate te danke aan die sorg wat hy ontvang het.

Belinda ·

Is dit nie darem verskriklik nie my genade………………………wie sal n persoon alweer in diens neem en hulle het geen kennis wat hulle doen nie……………….

Madelene ·

As ‘n persoon baie na aan hierdie paartjie en klein Juan wil ek graag almal bedank vir hulle belangstelling en omgee. Hierdie afgelope maand het mens van voor af besef daar is soveel om oor dankbaar te wees. Juan se wonde is kleiner, hy tel gewig op en hy is by sy Mammie en Pappie waar hy hoort. Die jong familie is deur ‘n baie rowwe tydjie en al die ondersteuning wat hulle ontvang het van oral oor word baie waardeer.

Peter ·

Jan, die baba is gesond gebore en het die kiem in die hospital opgetel, daar was nalatigheid van die verpleeg personeel. Ons bid almal al ‘n maand vir Juan se herstel en ons dankbaarheid gaan aan die Here en sy genade.

Christo ·

Enige plek of mens maak foute, party het groter of erger gevolge as ander… maar om Vaders naam moenie jok daaroor nie… vra omverskoning en maak reg jou foute en verseker dit gebeur nooit weer nie!!

isabel bothma ·

Ja nee kyk hulle kan die Here dank dis nie my kind of kleinkind nie. Hoe siek moet n mens wees om dit aan iemand te doen. Regtig waar gaan ons land heen. Mens is nie eers meer veilig in n hospitaal nie. In die ou dae het mens ordentlike diens gekry en nooit van sulke dinge gehoor nie. Ek hoop julle ry vir hulle tot in die afgrond in. Ek weet dit sal nie die kind se wonde genees of die pyn herstel wat aan dai arme kind gedoen is nie maar hulle mag nie hiermee wegkom nie. Ek bid hard vir julle en sterkte met die engel mensie. Hoop nie daar gaan letsels oorbly nie ai tog dit maak my so bitter.

GM ·

Die Bertha Gxowa-hospitaal is alles behalwe skoon. Party van die gordyne is vol ou bloed. Bebloede onderklere het nog in die badkamer gelê nadat die verpleegster gesê het dat die kamer en badkamer vir die pasiënt skoongemaak is. Dan praat ek nie eers van die toilette wat oral vol bloed was nie. In die kraamsaal word ‘n vrou ook aan haar eie genade oorgelaat, hulle monitor glad nie die ma of die baba nie. Hul gee ook vir hul pasiënte gemufde brood om te eet. Die personeel wat wel hul gesigte in ‘n pasiënt se kamer wys, is ongeskik en onbehulpsaam – daar is natuurlik een of twee uitsonderings. Dit is belaglik dat hulle alles aangaande die bogenoemde insident probeer toesmeer. As die hospitale gaan aanhou om mense aan te stel wat geen passie vir hul werk het nie, gaan dinge nooit regkom nie. Ek hoop van harte dat die seuntjie gou sal herstel, en dat daar geen permanente skade sal wees nie. Geld gaan nie opmaak vir al die pyn, hartseer en bekommernisse nie, maar ek hoop julle wen die saak, en kry sommer baie daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.