Foto’s: Twee dood, drie beseer in Centurion-ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mans is Saterdag dood en drie mans is beseer in ʼn ongeluk in Centurion.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê ʼn klein vragmotor het in Rabiestraat teen ʼn boom gebots. ʼn Tak het hierna van die boom op ʼn motor geval. Volgens Steinmann het ʼn motorfiets hierna teen die vragmotor gebots en is ʼn voetganger ook omgery.

Die bestuurder van die vragmotor en een van sy passasiers is op die toneel dood verklaar. Die voetganger, motorfietsryer en die ander insittende van die vragmotor is beseer. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die insittendes van die motor is nie beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ursula van Greunen ·

Dit was op die hoek van Jean en Gerhard straat. Nie Rabie str nie.

Jaques ·

As daai klein vragmotor so lyk,dan was dit verseker meer spoed as remme…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.