Twee mans is dood en drie kritiek beseer nadat twee voertuie Maandagoggend in William Nicolrylaan in Johannesburg gebots het.
“Die twee mans was passasiers agter in ʼn motor. Hulle was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.
“Drie ander mense in dieselfde motor het kritieke beserings opgedoen, en moes deur die brandweer uit die motor se wrak gesny word.”
Die drie is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die ander voertuig, ʼn bakkie, het geringe beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.
William Nicolrylaan is een van ons groot probleempunte waarop daar amper elke dag ‘n ernstige ongeluk plaasvind. Waar is ons Verkeerspolisie en Metropolisie?
By Kentucky, Nando’s en Chicken licken en ………