[Foto’s] Twee dood, talle beseer na brug op snelweg val

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en minstens 15 beseer nadat ʼn tydelike brug by die Grayston-afrit op die M1-snelweg in Sandton ineengestort het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens ooggetuies is talle mense in die proses vasgekeer. Volgens Botha is een mens op die toneel dood verklaar terwyl nog een intussen dood is en vyf mense kritieke beserings opgedoen het.

Botha het gesê van die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg. “Van die beseerde mense is steeds onder die puin vasgekeer en pogings is aan die gang om hulle te bevry.”

Dit is intussen nog nie duidelik of die brug op enige motors geval het en of dit konstruksiewerkers is wat in die puin vasgekeer is nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Verkeer is intussen erg ontwrig nadat die snelweg in albei rigtings gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Se Net ·

Ons moet regtig almal nou vir daardie mense onder die brug seer gekry het en die wat hulle lewe verloor het bid. Wat n vreeslike dag vir families van hierdie mense.

Helena Malan ·

Ek hoop net mense besef dat die vormwerk (“scaffolding” of steierwerk en alles wat dit behels) nie deur Murray & Roberts gedoen word nie. Vormwerkmaatskappye is spesialismaatskappye wat kerndienste lewer by enige konstruksie en ‘n groot deel van die geslaagdheid van ‘n konstuksie berus by hulle werk en toerusting…

JoeV ·

As die steierwerk deur die hoofkontrakteur bestel is, is dit die hoofkontrakteur se verandwoordelikheid.

Jaco ·

Hoekom neem julle aan dat dit n ingeneurs of konstruksie fout is? Iets moes gebeur het (vragmotor/huiskraan het die brug gestamp of iets?) Die ereksie lyk stewig vir my, dit is nie scaffolding nie daardie is column en beams met bracing.

doc ·

RSA is nou op die vlak van agter Indie. Wat n skande vir n land wat eens beskaaf was

JoeV ·

Net vandag oor dieselfde ding gesels, ons haal die ooste nou vinnig in met kwaliteit, maar nog kortkop voor somige afrika lande waar hulle riete en bamboes gebruik vir steierwerk.

Paul ·

JoeV, was jy al in die Ooste? Daar gebruik hulle bamboes vir steierwerk op reusagtige geboue. In een van die mees vooruitstrewende dele van die wêreld, Hong Kong, gebruik hulle dit roetinegewys wanneer wolkekrabbers opgeknap word.

Jakes ·

Ongelukke gebeur. Die konstruksiebedryf word streng beheer. Die ongelukke gebeur oral in die wêreld. Die kontrakteur en ingenieur gaan verseker rekenskap gee maar dit sal nie help om ongegronde stellings te maak nie.

SNEL ·

Ek stem Jakes. Laat ons eerder maak soos Sê Net sê, en hierdie mense in gebed opdra met hul families. So iets kan enige plek gebeur, wat egter hier gebeur het is vreeslik en daar is beslis mense wat moet verduidelik wat hier skeefgeloop het. Baie sterkte aan almal wat hierdeur geraak word.

Ben ·

Dit is maklik om te sien hoekom die brug geval het! Dit was nie geanker nie en het bloot vertikaal begin gly todat die standards (kolome) getuimel het. Die kontrakteur het vierkante meters gejaag en daar was nie n strerk ervare site engineer op site om hom vas te vat nie.

Melt Olckers ·

Nog ‘n goeie storie om te vertel, gebring deur SANRAL BEE en Regstellende Aksie.

Antjies ·

Die hoof kontrakteur gaan verantwoording moet doen want hy het die sub kontrakteurs in diens geneem. Hoe dit ookal sy, lewens is verloor en ons moet daardie families opdra in gebed. Die Here besluit wanneer dit ons tyd is. Baie sterkte aan die geliefdes wat hier deur moet gaan X

sarie van heerden ·

Ons het almal kennis geneem van die brug wat op die M1 in duie gestort het maar op die N1 reg langs Waterkloof Hoerskool is ‘n voetgander brug regs langs die oorhoofse pad na Elarduspark wat geruime tyd gelede beskadig is toe ‘n voertuig teen hom vasgery het. Daardie voetgangerbrug is erg beskadig en dis ‘n kwessie van tyd dat ook hy inmekaar sal stort op die voertuie wat op die N1 onder hom is. Wat gaan die owerhede in beheer hiervan aan die situasie doen of moet daar eers ‘n tragedie plaasvind voordat hul wakker skrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.