[Foto’s] Twee dood toe motorfietse trompop bots

Een van die motorfietse se wrak. Foto: Netcare 911

Een van die motorfietse se wrak. Foto: Netcare 911

Twee motorfietsryers, albei vermoedelik in hul 40’s, is Saterdag dood toe hul motorfietse mekaar reg van voor buite Bloemfontein getref het.

Paramedici van Netcare 911 en ER24 is onder meer om 14:00 na die toneel op die R706- (Ou Kimberley-) pad tussen Bloemfontein en Dealesville ontbied.

“Inligting vanaf die toneel dui daarop dat een motorfietsryer om ʼn draai gegaan het toe hy ʼn ander motorfietsryer reg van voor getref het. Die presiese omstandighede rakende die ongeluk sal egter deel vorm van ʼn polisieondersoek,” het Botha gesê.

Botha het gesê die motorfietse se wrakke het gebrand toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Stukke van die wrakke het oor ʼn groot gebied gelê wat ʼn aanduiding is van ʼn botsing met ’n hoë impak.”

Hy het gesê albei motorfietsryers is op slag dood en op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Elize ·

Mens kan nie veralgemeen deur te sè dit was spoed en alkohol nie..dit kon baie ander dinge ook gewees het.

Amanda ·

Willie ek stel voor jy lewer nie sulke kommentaar rakende alkol nie….dis ons vriend waarvan jy praat. Gevaarlik om sulke uitlatings te maak.

JoeV ·

Nee Willie, kyk die DIK WIT STREEP daar waar die wrak lê, as die voertuie in teenoorgestelde rigtings beweeg het, het een ‘n misdryf gepleeg deur in aankomende verkeer in te ry, spoed nie ter sprake nie.

Hannalie Jonker ·

So ou Willie-man was jy daar dat jy alkohol geruik het of wat?

Varkie ·

Ag toema Willie ek is aan jou kant, die mense weet duidelik nie wat vryheid van spraak beteken nie.. dit gaan in elk geval niks verander nie

~~biker~~ ·

Sjoe, maar biking IS nogal gevaarlik.
Hulle bots partykeer nogal kop aan kop teen mekaar ook. Lelik.
Taxi ry is baaaaie veiliger.
Sjoe ouens, julle moes vinnig gery dat dit gebeur het.

Nog 'n biker ·

Hoekom mense kommentaar lewer al het hulle niks van belang om te sê nie. STOKPERDJIES mense!! Kry een. Jou sarkasme is oor hulle koppe dink ek maar welldone?

Jacobus ·

Ek is n “biker” en laat ek vir jou se n ongeluk gebeur met enige een. Dalk was daar iets in die pad waarvoor hy uut geswaai het? Ontdou as jy teen 120 km/h uur ry en jy tref iemand wat teen selfde spoed ry is dit soortgelyk om teen 240km/h teen n muur vas te ry nie noidwendig spoed of alkohol nie… my 5c

Jack Russl ·

Jacobus, dit is verseker ‘n tragiese ongeluk gewees en ons dink almal aan die familie wat agterbly.

Net een regstelling. Indien iemand 120km/h ry en hy tref iemand wat dieselfde ry is dit soortgelyk om 120km/h teen ‘n muur vasry, nie 240km/h nie. Dit is ‘n algemene fout wat mense maak.

Cherokee ·

Jacobus, soos Jack Russl reeds duidelik gemaak het, jou berekeninge is hopeloos foutief. Ek is ook ‘n biker en het vir jare bekend gewees as ‘Kawa’, my gunsteling fiets. Die fout wat jy gemaak het in jou berekeninge is ‘n uiters algemene fout ook uitgewys deur Jack Russl en comin sense wise stem ek steeds met jou saam want impak moet ook ‘n rol speel.

Kasper ·

Ja dit is soos 240km ph teen muur vas, Jacobus was van begin af reg.

Jack Russl ·

Nee Kasper. Gaan lees bietjie op. Die meeste mense maak daai fout, maar soos Jacobus erken het is dit nie 240 nie.

Wil nou nie dat hierdie n stryery maak nie, maar gaan ondersoek dit.

Lioni ·

R.I.V mag Gog saam julle famielies wees en mag Hy saam die manne wees wat saam gery het en die toneel gesien het…..ons dink aan julle!!!

Deon ·

R.I.V. As jy nie self motorfiets gery het of ry nie sal jy nooit daai gevoel ervaar wat deur die manne gàan nie. Motorfietse is nie gevaarlik nie, oordeelsfoute is.
Sterkte aan families, en mede bikers.

Cherokee ·

Thanx Deon. Daai gevoel soos jy sê, kan nie beskryf word nie. ….Kawa

Johan ·

Dit is nou ń frats ongeluk dink dis 1000/1 dat dit gebeur,

DR ·

Vriend van my gewees, wat n pragtige familie en gesinsman groot kind van die Here, my Hart is seer RIV,

willie ·

Ag dit is so hartseer, dit is erg genog dat ons mense vermoor word waarom dit ook nog?! Troos vir die familie en vriende!

Boesman ·

Ja mense, hierdie klink na n fratsongeluk! Sodra jy op die pad gaan met n voertuig is mens maar blootgestel aan ongelukke. Ons kan maar net vir die manne se naasbestaandes bid vir vertroosting. Enige idee DR wat gebeur het?

JoeV ·

Nee Boesman, geen fratse hier nie, kyk die dik dubelle wit streep daar waar die een wrak lê.

Alida ·

Maak nie saak of dit motorfiets, motor of enige ander voertuig ongeluk was Twee famillies is in rou gedompel Mens moet respek toon en hul in ag neem Ons mag nie oordeel nie Innige simpatie met famillie en vriende Rus in vrede

Rika ·

Ai, hoe hartseer. Ons innige meegevoel met die families.
Vir die ouens wat loslip is oor die omstandighede rondom enige motorfiets ongeluk, dis nie altyd noodwendig drank of spoed nie. Meeste motorfietsryers is baie meer oopkop en oplettend die oomblik wat hy n helmet oor sy kop trek. Wees eerder rustig oor enige onnodige oningeligte opmerkings.

Piet Pompies ·

Die berig gaan oor twee mense wat se lewens geneem is, mense soos ek en jy, mense wat ‘n familie het, mense wat vriende het, mense wat ander voor lief is wat nou nie meer daar is nie.
Hoe durf van die lesers uit hul gemakstoel ‘n vonnis uitspreek teenoor die mense as daar geen konkrete bewyse is van wat die oorsaak van die ongeluk was of is dit maar net ‘n projeksie van onkunde.
Sterkte aan die familie…

Piet Snot ·

Ek stem, Piet.
Kom ons los die slimmighede: 2 mense is dood; wys bietjie respek.

JoeV ·

Motoriste eis dikwels meer as wat hulle toekom op die pad wanneer motorfietse betrokke is, hoop ten minste een van hulle het ‘n kammera gedra.

Evert ·

Asb mense los Eugene in vrede en ander persoon. Dis niemand se plek om te se dis dronk of nalatigheid nie. Dis seer en almal van CVO sal hom onthou. RIP.
As jul enige kommentaar het om te lewer. Kry jul fuite reg en net so wel n lewe.

Positive ·

Baie mense hou daarvan om kritiek te gee. As almal sy eie pad skoonvee sal dit baie beter wees vir alman

Chantellé Jacobs ·

Baie dankie vir die mense met empatie,my broer is een van die oorledenes en drank was nie betrokke nie. Ongelukkig het ek van die nuus oor Meroela media gehoor, en het nie die aanmerking gewaardeur nie. Mnr as jy nie seld daae was of omstandighede geken het nie, bly eerder stil terwille van n ma, pa, broers, suster, seun, familie en vriende. Ons innege meegevoel met die ander oorledene se familie

Daan ·

Indien die botsings waarin ek met met my motorvoertuie betrokke was,met ‘n motorfiets gebeur het dan was ek ook dalk nie vandag hier nie.

DR ·

Tragiese, ongelooflike frats ongeluk soos ek se ons Hart is seer vir beide families en vriende. Ai tog

Poppie ·

Motorfietsryers se cruising spoed is normaalweg vinniger as die gewone motorbestuurders sn. So wat gebeur? Jy ry op die wit streep. Die ongeluk was natuurlik op of net na n draai en ek glo dit is hoe beide ryers gery het. En vandaar die kop aan kop. Dink meeste motorfietsryers gaan saam my stem. En as jy 120km per uur ry teen n muur is die impak 120km/h. As 2 van verskillende rigtings teen mekaar vasry is die impak 240. Nie 120 soos sommige beweer nie. Eintlik dood logies…

Stefaans ·

Myth Busters op DSTV het dit bewys dat twee voertuie in n tromp-op botsing se sped saam nie dieselfde as om teen n muur te bots nie…..ter inligting

Frank ·

n motorfiets is nie n voetuig nie maar n fiets.n Vervoertuig ja!!

Maggie ·

RIP Biker Brothers. Ons innige meegevoel met beide families en Klub(s). Ek wil net vir almal wat so aangaan oor drank en die gevaarlike motorfuetse se: As jy nog nooit self gery het nie, weet jy nie waarvan jy praat nie. Dis n gevoel wat jy moet beleef….en ja, ons staar die dood in die oë op die 2 wiele. Maar dis ons keuse, maak julle Cagers julle oë oop en kyk 2 keer voor julle draai, en dit mag n Broer/Suster se lewe spaar. LLHB & R.

Se net.... ·

Dis so snaaks dat menese altyd die slegste dink sodra daar iemand oorlede is. Ek het dieselfde paadjie gestap n maand terug, Dit is asof mense gulsig raak en iets soek om sensasie te veroorsaak en dink nie aan die familie wat stukkend en geskok is nie, My hart gaan uit na julle toe. Onthou die mooi oomblikke die lag oomblikke.Mag God julle styf vas hou in die tyd

Leana ·

Innige meegevoel aan hul naastbestaandes en vriende. ‘n Ongeluk gebeur in n oogwink maar vir hul geliefdes is dit jare en jare se hartseer en verdriet. Baie sterkte.

Nogabiker ·

Dit is tragies wat gebeur het. Simpatie aan die agterblywendes.

Aan die ander kant kom ons kyk hoe daardie laaste oomblik gelyk het.
Poppies beweer ons bikers ry soms vinniger as 120 kph op die oop pad. 160 kph is dan seker realisties. (Met superbikes).
Maggie se n botsing gebeur in n oog wink of sal ons se 1 sekonde.
Om n draai teen 160 kph met n reaksietyd van 1 sekonde elk was die twee fietse n raps meer as 100 meter (lengte van n rugbyveld) van mekaar.
Sonder om verder in detail in te gaan, was hulle naderingspoed (en botsingspoed) omtrent 320 kph en die moontlikheid baie groot dat hulle mekaar nooit gesien het nie.
Die omstandighede het teen hulle getel en n tragies botsing het plaasgevind.
Dit is baie jammer dat dit gebeur het.

Marinus Opperman ·

Innige simpatie vir die naasbestaandes wat deur hierdie ongeluk geraak is. Dis twee geliefdes wat verloor is.

Die waarheid is dat ons in Suid-Afrika maar ons alies aan verkeersreëls afvee. Ek sien elke oggend oppad werk toe mense wat maar sonder skaamte maar ry as dit rooi is en ook maar net stoptekens ignoreer. In hierdie geval is daar oor ‘n wit lyn gery. Die algemene verkeersreëls is om eerder stadiger te ry as om voor aankomende verkeer in te draai. Ek vermoed hier is ‘n waarskynlik deur altwee partye verkeersreëls verbreek en mag hierdie ongeluk mens twee keer laat dink voor mens beoog om ‘n verkeersreël te oortree. Dit is ingestel vir veiligheid, nie moedwilligheid nie.

Ai ·

n Motorfiets watse band skielik begin pap raak, kan op n draai uit sy baan drift, iets wat nie maklik beheer kan word nie

Francis ·

Mens moet nie net verby steek as iemand voor jou wys jy kan nie.so was ek en my suster amper in n kop aan kop botsing met n bus .MAAK EERS SEKER !!

Jan ·

Bikers sal altyd ander verkwalik vir ongelukke en of drank nou betrokke is of nie.
Net 1 ou hier het erken hulle ” ry ” vinniger as motors ,en beslis ook nie 160 kmh nie , maar dis nooit hulle skuld nie.

ck ·

ai jai jai mense. onthou dit gaan nie oor julle nie en dit gan oor die 2mans wat nie meer hier is nie.los julle sleg praad vir jul eie geselsies by jul huis ,julle was nie die dag saam die mans daar nie en julle het ook nie saam gery nie. en vat n tree trug en dink wat as dit ek was?. dink as dit my seun was dink as dit my broer was. sou jy steeds oordeel?

Sarel Strydom ·

Twee mense het hulle lewens verloor en laat familie en vriende agter. my simpatie met altwee families. Kan die res van julle asseblief ophou spekuleer en liewer stilbly.

biker en mens ·

Ek is self n biker. Ek het al beheer verloor in n draai. Al wat dit vat is n kolletjie olie of n klip onder die voorwiel deur. Ons weet nie wat gebeur het nie. Vergeet tog nou van spoed en drank en die wit lyn. Sterkte vir albei mense se families in die tyd voor. Hou vas aan die goeie en vergeet van die oningeligte kommentare.

riaan ·

dis snaaks as iemand verongeluk op n bike dan like niemand n bike nie. daar gaan mense dood met motors ook so wat is die verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.