
Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed. Foto: Twitter via @AfriNewsAgency
Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 21-jarige man is dood toe ʼn taxi Woensdagaand in ʼn skare by Jakes Gerwelweg ingeploeg het. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.
“Skote is gevolglik afgevuur van die Colorado-kant van die pad en twee mense, onderskeidelik 51 en 36 jaar oud, is gewond. Sake van poging tot moord word ondersoek,” het Rwexana gesê.
Intussen is nóg ʼn slagoffer laat Woensdagaand in Mitchells Plain dood en twee ander ook in ʼn skietgeveg gewond.
Volgens Rwexana is lede van die openbareorde-polisie asook die metropolisie steeds op die toneel en poog om die skare uiteen te jaag. Die situasie is steeds gespanne, maar effens kalmer as vroeër.
Bykomende polisielede is ontplooi in ʼn poging om verdere voorvalle van geweld te voorkom.
Die 30 mense wat Woensdag vir openbare geweld in hegtenis geneem is, sal vandag in die Athlone-landdroshof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig 30 mense is in hegtenis geneem ná die betogings in Jakes Gerwelrylaan en die R300 in Kaapstad.
Volgens die polisie is nóg nege verdagtes, almal mans tussen 18 en 53 jaar oud, Woensdagnag vir openbare geweld in hegtenis geneem en sal hulle ook in die Athlone-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is
- Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed. Foto: Twitter via @AfriNewsAgency
- Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed. Foto: Twitter via @AfriNewsAgency
- Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed. Foto: Twitter via @AfriNewsAgency
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Vroee tekens van burgeroorlog begin. Ons moet gereed maak om in groot getalle aansoek vir asiel te doen om te vlug voor dit te laat is.
O hel dit raak nou al hoe rowwer en dit is net die begin ???????
Angus Buchan – 24 Maart 2018:
“Mitchell’s Plein gaan die blom van Kaapstad wees en mense sal van oorsee af kom om te sien wat God in Mitchell’s Plein gedoen het. Dit is die begin van die herlewing”….
“vlug”
waarom wil jy vlug, is jy bang vir ‘n burger oorlog, is jy nie van suid-afrika nie
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra,
Ons sal lewe,
Ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.
Gaan na Waar brandit inni Plain face book page vir meer oor die gebeure.
Daar kom nog drama vandag.