Foto’s: Twee dood, vier gewond in Kaapstad-betogings

Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed. Foto: Twitter via @AfriNewsAgency

Twee mense is dood en vier gewond tydens die gewelddadige betogings wat in Philippi en Mitchells Plain in die Wes-Kaap woed.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 21-jarige man is dood toe ʼn taxi Woensdagaand in ʼn skare by Jakes Gerwelweg ingeploeg het. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

“Skote is gevolglik afgevuur van die Colorado-kant van die pad en twee mense, onderskeidelik 51 en 36 jaar oud, is gewond. Sake van poging tot moord word ondersoek,” het Rwexana gesê.

Intussen is nóg ʼn slagoffer laat Woensdagaand in Mitchells Plain dood en twee ander ook in ʼn skietgeveg gewond.

Volgens Rwexana is lede van die openbareorde-polisie asook die metropolisie steeds op die toneel en poog om die skare uiteen te jaag. Die situasie is steeds gespanne, maar effens kalmer as vroeër.

Bykomende polisielede is ontplooi in ʼn poging om verdere voorvalle van geweld te voorkom.

Die 30 mense wat Woensdag vir openbare geweld in hegtenis geneem is, sal vandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig 30 mense is in hegtenis geneem ná die betogings in Jakes Gerwelrylaan en die R300 in Kaapstad.

Volgens die polisie is nóg nege verdagtes, almal mans tussen 18 en 53 jaar oud, Woensdagnag vir openbare geweld in hegtenis geneem en sal hulle ook in die Athlone-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vlug ·

Vroee tekens van burgeroorlog begin. Ons moet gereed maak om in groot getalle aansoek vir asiel te doen om te vlug voor dit te laat is.

Casper Labuschagne ·

Ek het die afgelope naweek vir ‘n groepie mense vertel dat dit nog nie tyd is om te hardloop nie, maar dat ‘n uitboksak nou gepak en gereed gehou moet word. ‘n Uitboksak (“bug-out bag” in Engels) is ‘n kleinerige rugsak met een of twee dae se klere, ‘n warm reëndigte baadjie, ‘n klein slaapsak of kombers, persoonlike wapen van jou keuse vir selfverdediging, ‘n waterbottel, ‘n filter om water te suiwer, kos vir sowat twee dae wat jy sonder voorbereiding kan eet, ‘n klein noodhulstel asook kroniese medisyne, jou paspoort en ‘n geldgordel wat jy onder jou klere kan dra met ‘n bedrag kontant in. Daar is ‘n sterk moontlikheid dat daar insidente kan plaasvind waar jy en jou gesin onmiddelik die woning, woonbuurt of dorp sal moet verlaat en na veiligheid gaan totdat die toestand weer genormaliseer is. Elke dag sien ons opskrifte in die koerante van onluste wat gemeenskappe lamlê, maar die pers skryf nie van die inwoners wat vir hul eie veiligheid êrens na ‘n polisiekantoor of ‘n kerk gevlug het nie.

Denise ·

O hel dit raak nou al hoe rowwer en dit is net die begin ???????

Lynette Schultz ·

Angus Buchan – 24 Maart 2018:

“Mitchell’s Plein gaan die blom van Kaapstad wees en mense sal van oorsee af kom om te sien wat God in Mitchell’s Plein gedoen het. Dit is die begin van die herlewing”….

leser ·

“vlug”
waarom wil jy vlug, is jy bang vir ‘n burger oorlog, is jy nie van suid-afrika nie
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra,
Ons sal lewe,
Ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.

Boerseun ·

Mens aanbid jou God nie jou land nie dis meskien hoekom ons in hierdie moelikheid is… Meskien moet ons eeder sê ons vir jou Skepper wat die mooi land vir ons gegee het. Weg hardloop kan ons nie ons het te duur met bloed betaal. Maar ons mag glad nie weer die selfde foute as ons voorgeslagte maak nie! Maak sekker jou vrou en kinders is veilig…

Jaco ·

Gaan na Waar brandit inni Plain face book page vir meer oor die gebeure.
Daar kom nog drama vandag.

Casper Labuschagne ·

Ek kan verkeerd wees, maar die persone op die fotos lyk vir my soos diegene wat eerder as Xhosa sprekers bekend staan. Ek wonder hoe voel die eintlike inwoners van Mitchell’s plein hieroor, alhoewel ek dalk so ‘n vermoede daaroor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.