Twee mense is Vrydagaand uit ʼn waterkanaal in Bloemfontein gered nadat hul motor in die kanaal beland het.
“Die motor was onder die water toe paramedici by die toneel in Airportweg opgedaag het,” het Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, gesê. “Die twee persone het omstreeks 18:00 in die motor gery toe die bestuurder beheer verloor het op ʼn nat pad. Die motor het gegly en in die kanaal langs Bram Fischer-hospitaal beland.”
Dormehl het gesê ʼn konstruksiehyskraan moes gebruik word om die motor uit die water op te lig. “KPR is op ʼn 22-jarige man gedoen en hy is na Mediclinic Bloemfontein geneem. Hy het aanvanklik nie reageer nie, maar is gestabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.”
Die tweede persoon is ook na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Beheer verloor op n reguit stukkie pad?
Kom nou, hy kan tog nie ernstig wees.nie.
Jy begin letterlik skaats op die water en het met jou stuur en remme GEEN beheer. Daardie voertuig gaan net waar hy wil. Vra my, ek weet.
Weet van, dis waarom enige leerlingbestuurder se EERSTE waarskuwing van sy leermeester wanneer dit reen is: VERMINDER SPOED!!!! Dan sal jy nie sommer beheer verloor nie!!!
Ek is van Bfn en weet nie van ‘n Brahm Ficher-hospitaal in Bloem nie???? Waar presies is dit?
Ek ook in Bloem. Weet ook nie van so hospitaal nie. Net die glaspaleis…….
Dagsê Bfn
Ons vra om verskoning indien die berig nie duidelik was nie.
Die Bram Fischer-hospitaal is nog in aanbou. Die ongeluk het langs die konstruksieperseel plaasgevind.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Wil net n regstelling maak. Al drie die persone wat in die botsing betrokke is is oorlede. 2 van hulle was broers. Sterkte aan die familie in die moeilike tyd
Dagsê Valie
Kan jy dalk bevestig of jy spesifiek verwys na hierdie geval waar die motor in die kanaal beland het?
Kontak ons asseblief by [email protected] – ons sal graag ‘n regstelling wil maak.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Hi Sune
Het jou ge epos