Foto’s: Twee leeus gered ná veldbrand op Vrystaat-plaas

Micca en Juba (Foto verskaf deur Four Paws)

Die internasionale dierewelsynsorganisasie Four Paws het twee jong leeus, Micca en Juba, verwelkom by sy Lionsrock Big Cat Sanctuary in Bethlehem in die Vrystaat ná hulle gered is toe ʼn veldbrand deur hul kamp op ʼn privaat plaas in die Vrystaat versprei het.

“Die leeus, wat op ʼn teelplaas gebore is, kan nou ʼn behoorlike bestaan in ʼn regte bewaringsgebied. Die diere is aanvanklik by ʼn plaaslike teelplaas gekoop om as sekuriteit te dien op die eienaar se perseel,” het Fiona Miles, direkteur van Four Paws, Sondag gesê.

“Leeus behoort nie in privaat aanhouding te wees nie en is beslis ook nie geskik as veiligheidswagte nie. Ons hoop dat ons vir dié pragtige diere ʼn lewenslange tuiste kan bied by Lionsrock. Hier is hulle beskerm teen privaat aanhouding, telery en die gebliktejagbedryf.”

Volgens inligting tot Four Paws se beskikking is die grond, waar die leeus aangehou is, verkoop en dit het die eienaar in ʼn moeilike posisie geplaas – hy sou óf ʼn veilige hawe vir die diere moes soek óf hulle na die teelplaas moes terugstuur waar hulle vandaan gekom het waar hulle toekoms onseker sou wees.

“Terwyl hy nog op soek was na ʼn geskikte oplossing, het ʼn veldbrand skielik op die plaas begin en alles in die leeukamp afgebrand. Die leeus is geskroei, maar hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie,” het Miles verduidelik. “Die leeumannetjie en leeuwyfie is ʼn paar weke gelede gesteriliseer. Hul nuwe tuiste, Lionsrock Big Cat Sanctuary, sal ʼn lewenslange tuiste bied aan Micca en Juba met geskikte lewenstoestande vir hul spesie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die leeus is nie meer in pravaat aan houding nie. Hulle is nou in privaat hokke. Soos dieretuin leeus. Daar is wel gereelde kos, ‘n vee arts. Maar dit is steeds in klein hokke. Die leeus word hul natuurlike instink ontneem om self te jag. Dit is net ‘n mooi tronk. Ek was al daar, ek weet hoe dit lyk.

Bossie ·

Dankie Here dat U hierdie twee pragtige diere gespaar het. Lionsrock Big Cat Sanctuary, ek salueer julle. Dankie vir wat jul vir hierdie diere beteken. God seën julle en die werk wat julle doen. So verskriklik dankbaar om te lees die twee leeus is veilig en gaan ‘n beter toekoms tegemoet.

Helene ·

Bly vir die twee pragtige leeus! So siek en sat vir die menslike spesie! En ek is skaam om een te wees!

Bossie ·

Daan Erasmus, ek is ontnugter. Ek bid dit is nie waar nie. Indien wel, waar kan ons protes aanteken teen die tipe menslike gedrag? Hoe kan ons hierdie pragdiere help. Dit kom dan neer op dieremishandeling indien dit so blyk te wees…

TLC ·

Baie dankbaar hul is gered maar sou iets soos die Kruger national wildtuin nie n beter opsie gewees het nie
Nouweer in peperkte spasie
Aiai die mensdom en ek bedoel dom darem

Discusted ·

Daan, ek het soortgelyke ondervinding gehad. Bietjie meer as 2jr gelede was ek en my man in Nylstroom by n plek waar wilde diere aangehou word. Wat n ontstellende onaangename ervaring. Die grootkatte is werklik in aanhouding. Die rooikatte was in sulke langwerpige hokkies. Ek het 1 hok gesien wat redelik groot was, maar steeds nie om groot katte wat oefening nodig het, aan te hou nie. Oppervlak gewys, dalk bietjie groter as die buurman se huis. Daar was tiere en leeus in daai 1 hok.
Hul was daai tyd besig met veranderinge in die park. Of dit verbeter het vir al die diere, ek weet nie.
Ek was nog nooit weer daar en sal ook nooit weer gaan nie.
Miskien het dit verbeter, maar daai tyd was ek net discusted en erg om gekrap met die hele opset.

Discusted ·

Ek vra verskoning, dit was NIE in Nylstroom nie, dit was naby Vaalwater.

N Lourens Reitz ·

Ek was ook in daardie omgewing van Vaalwater op die pad na Melkrivier. Baie swak en teleurgesteld ook voēls in hokke daar aangehou. Sal nooit weer daar stilhou nie wat gaan met die mens aan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.