Foto’s: Twee met AK47’s betrap

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem nadat sewe AK47-aanvalsgewere in hul besit gevind is.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die sukses volg ná ʼn intelligensiegedrewe operasie deur verskeie eenhede van die nasionale polisie en die Limpopo-taakspan.

“Die span het inligting opgevolg dat twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 35 jaar oud, vuurwapens oor die grens in die Komatipoort-omgewing van Mpumalanga van Mosambiek af in die land insmokkel,” het Naidoo gesê. “Die twee verdagtes is Saterdag in die vroeë oggendure voorgekeer en ondervra. Dit het aan die lig gekom dat hulle van plan was om die vuurwapens aan ʼn voornemende koper te verkoop.”

Die taakspan het op sewe onwettige AK47-gewere met ʼn totaal van 180 patrone en ʼn Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie beslag gelê. Een van die gewere was aan die uitlaatstelsel onder die bakkie vasgemaak.

Die vuurwapens is na die polisie se forensiese laboratorium gestuur vir ballistiese toeste.

Die twee verdagtes moet Maandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op aanklagte van die smokkel en handel van onwettige vuurwapens.

“Hierdie is van die soort vuurwapens wat gebruik word om verswarende rooftogte uit te voer soos transitorooftogte, voertuigkapings en huis- en sakerooftogte. Dit is ʼn merkwaardige deurbraak in ons pogings om hierdie kategorie misdrywe te bekamp,” het hy gesê.

Lt.kol. Khehla Sitole, die nuut aangestelde nasionale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom en die taakspan geloof vir hul uitstekende werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lollie ·

Hoeveel is al oor gesmokkel en hoeveel gaan nog? Waar is die mense wat op die grensposte werk? Hulle en die polisie moet meer wakker wees! As hulle nie die tip gekry het nie hoeveel dood en verwoesting sou daardie 7 wapens gesaai het?

Koos B ·

Baie goeie werk julle het verseker ‘n hele paar blankes se lewe gered.

Slappe ·

Ok…
Maar lyfwagte wat Ak’s rondswaai stap nog vrylik rond…

Johan. H. ·

Moes spesialiste nie die wapens in forensiese laboratoruim oop maak nie,,,, Vingeragdrukke jy weet………., Of dalk weet julle nie???

Anton ·

Ai, Johan. Het jy die man op die foto by die vuurwapens gesien.? Dit is ‘n forensiese deskundige.
Wonder watse forensiese kennis het jy? (Intekenaars op DSTV se Crime Channel ontvang nog nie erkenning nie.)

Cor ·

Goeie werk, net jammer daar moes eers n nuwe polisie kommisaris aangestel word om suksesse te behaal. So kom onwettige wapens die land in maar die wettige vuurwapen eienaar moet ontwapen word.

Anton ·

Cor, dink jy werklik ‘n nuwe Kommissaris se aanstelling maak binne die 1ste week ‘n verskil? Daar is lede wat nog altyd hul werk doen ten spyte van wat in die politieke kringe gebeur. Hulle is dalk in die minderheid maar hulle is daar.

Loeis ·

Die smokkelaars is gevang, maar hierdie rondte is eers regtig gewen wanneer ‘n hof die kopers skuldig bevind het.

Die polisiewoordvoerder se selfs waarvoor die tipe wapens gewoonlik gebruik word, maar as die kopers vasgetrek word kan hulle dalk aan ander misdade ook verbind word. Dan is dit ‘n klomp vliee met een klap. Hierdie is dalk ‘n groot oorwinning. Nie naastenby so groot as wat dit sal wees as om staatskaping stop te sit nie, maar groot.

Willie ·

Dis wat die polisie moet doen, kyk na die rondlopers, stop voertuie, padblokades, in die aande in die buurte met spook karre rond ry, en loop… Boewe sien voertuig ligte… Ek dink persoonlik as die poilsie net 40% van hul werk doen, sal dit klaar n 200% verbetering wees… O ja nuwe Kommesaris, bring terug die kennis en die wat hulle werk doen… Ous polisiemanne is verwyder omdat hulle, hulle werk doen…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.