Foto’s: Twee ontploffings in Kaapstad

Foto: @MrCPT op Twitter.

Foto: @MrCPT op Twitter.

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat daar laat Donderdagaand twee ontploffings in Kaapstad was.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die ontploffings het kort na 23:00 Donderdagaand gebeur. Hy sê die een ontploffing was in Belgraviaweg in Athlone terwyl die ander ontploffing op die hoek van Jan Smuts- en Kromboomweg plaasgevind het.

Volgens van Wyk was die een ontploffing by ʼn motorhandelaar en die ander by ʼn klein sakesentrum. Niemand is beseer nie.

Van Wyk sê die polisie ondersoek ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy kon geen verdere besonderhede bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.