Foto’s: Twee oorleef ongeluk; voertuig gaan in vlamme op

Altwee motoriste het die ongeluk oorleef. (Foto: Netcare 911)

Twee motoriste is ernstig beseer toe hulle vanoggend op ʼn brug op die westelike verbypad in Sandton in Johannesburg teen mekaar gebots en een van die voertuie in vlamme opgegaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het vanoggend omstreeks 06:35 gebeur.

Al twee motoriste is ernstig beseer, maar het die ongeluk oorleef.

Een van die voertuie het heeltemal uitgebrand, het Herbst gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Arendoog ·

Joon, dit hou verband met die hoeveelheid plastiese parte wat hedendaagse motors gebruik.

Dries ·

My vermoede is dat moderne tegnologie tot ‘n groot mate daartoe bydra. Die brandstofpomp word in die tenk geïnstalleer en word elektries aangedryf. Die elektronika in die motor is veronderstel om die pomp af te skakel sodra die enjin in ‘n ongeluk afskakel. Die brandstof in die stelsel tussen die pomp en die enjin is nog steeds onder druk en sou ‘n brandstofpyp as gevolg van die ongeluk beskadig word, spuit hierdie brandstof in die enjinruim. Al wat dan nodig is, is ‘n vonk, hetsy van metaal wat op mekaar skuur of ‘n kortsluiting.

chrisjan ·

Dalk weer ‘n Ford Kouga?Laat mens wonder.Foto is egter te onduidelik om presies te kan se.

Jaco ·

Nie een van die 2 is n Ford ni. Kry dalk n better foon hmmmm.
Se maar net

Gustav ·

In die goeie ou dae het dinge aan die brand geslaan en uitgebrand. Vandat ‘n mens egter net 30% benodig om Afrikaans op skool te slaag, gaan dinge in vlamme op.

Jan Brand ·

Die arme mense wat ernstig beseer is. Gaan dalk vir die res van hulle lewens baie swaar kry. Die dood sal beter wees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.