Foto’s: Twee oorleef ongeluk wonderbaarlik

Die ongelukstoneel in Gcilima in KwaZulu-Natal op 14 Maart 2015 Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel in Gcilima in KwaZulu-Natal op 14 Maart 2015 Foto: Netcare 911

Twee mans het Saterdag wonderbaarlik oorleef nadat hul motor ʼn versperring in Gcilima naby Southbroom aan die KwaZulu-Natalse Suidkus getref het.

“Die voertuig het in twee geskeur tydens die impak,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die brandweer moes van meganiese toerusting gebruik maak om die passasier uit die wrak te sny.” Dit het ongeveer 45 minute lank geduur om die man uit die wrak te bevry.

“Een man was in ʼn kritieke toestand en een het ernstige beserings opgedoen,” het Steinmann bygevoeg. “Hulle is op die toneel behandel en daarna na ʼn hospitaal geneem.”

Die omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die verkeer is ontwrig as gevolg van die ongeluk.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Kan my net voorstel met watter spoed daardie kant reeling getref is!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.