Twee mense het Saterdag ʼn noodlanding van ʼn ligte vliegtuig op ʼn strand in Durban oorleef.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het aan Maroela Media bevestig die noodlanding het omstreeks 16:30 op die strand in Virginia plaasgevind.
“Die vlieënier en medevlieënier was gelukkig om die noodlanding te oorleef. Verskeie nooddienste is na die strand in die noorde van Durban ontbied,” het Van Reenen gesê.
Met hul aankoms is die vliegtuig halfpad in die water aangetref.
“Gelukkig het die vlieënier en medevlieënier geen beserings tydens die noodlanding opgedoen nie. Hulle is ondersoek en het nie mediese behandeling nodig gehad nie.”
Die rede vir die noodlanding is onbekend en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.
Volgens die registrasie nommer (ZU-BHR) is dit ‘n vliegtuig van Russiese ontwerp, ‘n Yakovlev Yak-18T
Ai ek is so bly die vlieeniers is beide ongedeerd!Die vliegtuig kan vervang word maar hulle nie.Alle eer aan ons Vader wat hulle gehelp het.
Noue ontkoming. Dit lyk soos ‘n enjinfaling. Baie dankbaar die vlieëniers is ongedeerd.
Kon hulle nie maar bietjie hoër die vliegtuig laat stop het nie?
Baie bly dat hulle ongedeerd is. Verbeel ek my, of is daar in die laaste paar weke meer ligte vliegtuie in die nuus as gewoonlik?
Nou is dit n “duik”boot
Slim seun, het geweet wat hy doen. Die kanse van brand geminimaliseer.