[Foto’s] Twee passasierstreine bots

Twee treine het tussen Pretoria en Johannesburg gebots. Foto: @EMER_G_MED /Twitter

Twee treine het tussen Pretoria en Johannesburg gebots. Foto: @EMER_G_MED /Twitter

Minstens een persoon is dood en sowat 100 mense beseer toe twee passasierstreine Maandagmiddag tussen Pretoria en Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die Tembisa-spoorlyn naby die Kaalfontein-stasie in Tembisa, oos van Midrand, plaasgevind.

“Die twee treine het mekaar reg van voor getref. Verskeie nooddienste en reddingspanne is na die toneel ontbied om die mense te behandel,” het Meiring gesê.

ʼn Man se liggaam is in een van die treinwrakke aangetref. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Gebied is ingerig waar beseerdes behandel word. Volgens Meiring strek die beserings van gering tot matig.

Nooddienswerkers is steeds op die toneel om na die beseerdes om te sien. Die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Oosie ·

Wanneer gaan hierdie ouens leer? Hulle maak gebruik van ‘n stelsel waar jy op ‘n groot skerm die beweging van treine beheer en jy kan baie maklik sien as jy op ‘n ramp afstuur en bloot die wissels verander sodat die treine op ‘n ander spoor inbeweeg, of die krag onderbreek, of behheer neem en die treine stop. Iemand het gesit en slaap, of die stelsel werk nie meer nie agv ‘n gebrek aan opgeleide personeel, of het tot niet gegaan agv geen instandhouding.

KLEIN ·

Seker gedink hulle ry in `n “taxi” en dat die ander een sal padgee.

Stefan ·

@megs, wie sê Klein bedoel dit as ń grap?

Dis SA vir jou !

GES ·

Hoe is so iets moontlik? Daar is sinjaalstelsels en allerlei veiligheidsmeganismes om so ʼn ramp te voorkom. Die rekenaarkabels is seker weer gesteel…..

KLEIN ·

Seker gedink dit is `n ander taxi wat van voor af kom en dat dit uit sal swaai .

twakkied ·

Wie gaan die skuld kry vir die ongeluk ??????????????????????????????apartheid want die stelsels is verouderd

Uiltjie ·

Hierdie is sweerlik n leesfout! Die nuwe skole kurrikulum vir skole, week ook nie!

Theresa ·

Ek vertrou geen publieke voertuig nie. Sal makliker met ‘n donkie die pad aandurf as in ‘n publieke voertuig dit waag.

Koos ·

Maak nou soos op alle myne, gee die spoorweg n Sect.54, d.w.s. stop alle treine totdat die ondersoek afgehandel is en stel dan voorsorg maatreels in om te verhoed dat soort gelyke ongelukke nie weer sal gebeur nie.

Francis ·

geleerde mense brand plekke af so hul bestuur seker treine ook ?

Riaanr ·

Beste ding wat ek in my lewe gedoen, was om te in 2000 te bedank het as treindrywer, het die dinge sien kom.

Koos ·

Ek het vir my vrou gese ons vlieg ook nie meer nie want ek sien daar kom ook probleme

Lance ·

Die bestuurder het gratis opleiding onvang by n gedekolonaliseerde vaardigheids sentrum wat se Newton se wette bestaan nie maar wel traditionele kragte van n oupagrootjie wat kwaad was.

Max ·

Hy het gesien Die Reenboog (met geen swart in nie ) Nasie is besig om te dekolonialiseer . Daar was nie n trein op Oom Jan se skip nie.

pieter ·

Opleiding Opleiding is nie op standaard nie ,sien dit oral in verskeie beroepe

humor ·

Wie kan nagaan? Is dit die eerste keer wat dit in die ganse geskiedenis van SA gebeur?

Johan Fourie ·

Klien stem saam,die een het nou al weer die anner
een verby ge steek op n wit lyn met verkeer reg van voor.

T ·

Seker net ‘n “#ScienceMustFall” “decolonised” trein………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.