Twee mense is Sondag dood en vier is beseer ná ʼn botsing tussen twee voertuie naby ʼn begraafplaas in Voortrekkerweg in Kaapstad.
Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê ʼn Toyota het ʼn sportnutsvoertuig van agter getref en die wrak van die voertuig het in ʼn begraafplaas langs die ongelukstoneel beland.
“Albei oorledenes, in hul 30’s, is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê. “Een van die slagoffers was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.”
Die vier beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Spoed…En onkunde…Dodelik. Sterkte aan die familie.