[Foto’s] Twee sterf in Carletonville-gru-ongeluk

Twee sterf in Carletonville-ongeluk op 19 Desember 2015 (Foto: ER24)

Twee sterf in Carletonville-ongeluk op 19 Desember 2015 (Foto: ER24)

Twee mense is dood toe hulle Saterdagmiddag op die R501 naby Carletonville in Gauteng in ʼn brug vasgery het.

“Paramedici het kort ná 14:30 by die toneel opgedaag,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Wrakstukke van die motor was ʼn paar meter ver oor die toneel versprei.”

ʼn Man en ʼn vrou het noodlottige beserings opgedoen. “ʼn Tweede man het wonderbaarlik slegs matige beserings opgedoen. Hy het naby een van die wrakstukke gelê.” Hy is later na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Omstanders op die toneel het aan paramedici verduidelik die motor het vir ʼn ander voertuig uitgeswaai toe die motoris beheer verloor het oor die motor en op die gruis langs die pad beland het. “Die motor is in flarde geruk toe dit die pilaar van die brug getref het,” het Vermaak bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsie ·

Dit is verskriklik om sulke dinge te sien gebeur. Ek weet waar is die brug en dit val nog in dorpsgebied. Hy moes teen ‘n verskriklike spoed gery het dat die kar so in stukke kan wees. Hoeveel ongelukke gebeur weens spoed? Hulle moet die oortreding baie meer ernstig beboet!!!

Jan maak n Plan ·

Sjoe is julle seker hierdie voertuig is nie deur n hammermeul of iets nie. Ek dink die ou wat by Ventersburg teen 221km gevang is en al die mense wat so positief is oor spoed moet asb baie deeglik na die bogenoemde fotos kyk. As jy jaag en iets gaan fout is jy in jou m…… in short and sweet. Enige ou kan vinnig ry, maar dis nie enige ou wat as hy vinnnig ry lewend uit n verkeerde situasie uitkom nie.

arie plaasboer ·

@ Jan maak `n Plan,
Jy hou vol dat spoed ongelukke veroorsaak!
Dink jy regtig dat as die ou in die berig teen 110kph gery het dat hulle nog sou leef.
ongelukke woord meer veroorsaak deur `n verskeie faktore wat insluit: onpadwaardigheid (mens of motor) onbeholpenheid, onvermoee om `n motor te beheer (teen enige spoed). Hierdie lys kan vir `n lang tyd verder aangevul word, sonder om “spoed” te noem..
Wat wel waar is, is dat wanneer daar iets gebeur is die gevolge net soveel meer aanskoulik vir die agies en die media,

Johan Fourie ·

En laat ek raai die anner voertyg,wat dit veroorsaak het net aan hou ry………..

Peet Schabort ·

Al opgelet in hierdie land dat brûe soos hierdie nie padreëlings het nie?

danie ·

Spoed is maar ongelukkig een van die grootste oorsake van botsings. op 110km sou die veiligheids meganisme baie meer van hulp gewees het. ek stem saam enigeiemand kan vining ry, maar baie min kan n voertuig onder beheer bring as dit op hoe spoed buite beheer raak.

Kobus Needham ·

Spoed het al baie keer my uit die moeilikheid uit gekry,daar was tye wat as ek nie spoed gehaat het nie wat ek in groot botsings sou gewees het ,so spoed maak nie altyd dood nie ,daar is mense wat spoed kan hanteer en daar is wat dit nie kan hanteer nie

Vom Hageldoring ·

En Arrie jy hou vol dat dit nie spoed is nie. Ek dog jy is ‘n slim ou. Niemand het beweer dat dit net spoed is nie, maar verskeie goed waarvan spoed een is net soos alkohol. Hoe vinniger jy ry, hoe beter kans het jy om jou njerts te sien, net soos drank. Hoe meer jy suip hoe groter is jou kans om jou njerts te sien. Jy kan maar jou spoed verdedig net soos jy wil, die wetenskap sal jou bewys dat spoed een van die hoof oorsake van padsterftes is. En spoed en alkohol saam, nee kyk daai is ‘n wenner.
As ek na die fotos hierbo kyk, kan ek nie sien hoe daai teen 110 gebeur het nie. Daai kar is in verskeie stukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.