[Foto’s] Twee sterf in Limpopo-ongeluk

Ongeluk op die R71 op 14 Januarie 2016 Foto: ER24

Ongeluk op die R71 op 14 Januarie 2016 Foto: ER24

Twee mans is Donderdagmiddag op die R71 in Limpopo dood toe ʼn motor en ʼn bakkie mekaar reg van voor getref het.

“Twee persone is op die toneel dood en twee persone het kritieke beserings opgedoen,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, gesê. “Die pasiënte is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die R71 is die provinsiale pad wat Polokwane via Tzaneen en Phalaborwa met die Kruger-wildtuin verbind.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christine ·

Spoed, disleksie. Blykbaar is wit geverfde strepe op ‘n teerpad nie leesbaar nie. Keep left is ook verwarrend, so kom ons ignoreer daai een, ek meen kyk nou die donkie loop kronkelrig, so ek ry kronkelrig.

DPJ ·

Dit is verbasend dat ‘n kop en kop botsing helder oordag kan plaas vind met so ‘n groot inpak.
Het albei bestuurders geweier om remme te trap?
Teen ‘n lae spoed sal die inpak mos veel laer wees.

Chris W ·

DPJ eerstens op ‘n nat pad het jy bitter min rem kans maak nie saak watse voertuig jy ry nie.Ek weet ek was self in ‘n soortgelyke situasie met NUWE bande op my voertuig en kon’n botsing nie vermy nie.Probleem is mens se eerste reaksie is om die rem hel hard te trap en die wiele sluit dan en jy gly asof op ys en alle beheer is daarmee heen.Ek stem saam oor die “helder oordag” stelling.Hoe kan een bestuurder nie sien daar is sper strepe EN ‘n ander voertuig op pad nie?Dis vir my ook ‘n raaisel.Dan het ek al noue ontkomeings gehad en weet dat ‘n ongeluk baie vinnig gebeur en al is jy nie die skuldige nie kan jy net nie betyds iets daaromtrent doen nie.Spoed -te hoe spoed- speel ‘n groot rol in feitlik alle ongelukke deesdae.

Boerseun ·

Algemeen die sort van ding. Logika ontbreek sekere mense en jy sien dit daagliks. hoe se my werkers, hulle ruik die karre. Dit het niks met die sien van wit strepe uit te waai nie, dis die kultuur om nie reels en wette na te kom nie.

Die jammerte is dat ek op dieselfde paaie as die roekeloses moet ry.

Ana ·

ń Botsing van sleg 60km/uur sonder jou gordel kan jou by jou voorruit uit slinger… Dis bitter hartseer, ons paaie is death traps. Sterkte vir die betrokke gesinne.

Rhelda Joubert ·

Genade tog waarheen jaag die mensdom? Pad tekens geld ook net vir sekers…… Sterkte aan die gesinne!!!!

ben ·

Sperstrepe op die pad is net mooi versiering hoekom moet ek weet wat dit beteken hulle dink nie is haastig en wil net verby ons dink soos n boom

Alete Muller ·

Waarom kan motorvervaardigers nie ‘n sisteem ontwikkel in voertuie wat die sein sny terwyl die motor aangeskakel is nie. Ek weet van ‘n idioot wat selfoonboodskappe stuur terwyl hy ander voertuie verbysteek.
Ek wil ook weet waarom kyk ‘n bestuurder vir sy passasier wat langs hom sit terwyl hy praat en bestuur. Alles oorsake van kop-aan-kop botsings

Johann Marx ·

Miskien moet die Departement van Vervoer begin om TV advertensies te maak waarin mense ELKE DAG herrinner word HOE om te bestuur en wat om NIE te doen nie, i.p.v. foto’s te wys van die Minister van Vervoer wat met padtekens in haar hand staan en mense ‘n veilige reis toewens!!??

Zena ·

Ekt ookal n paar noue ontkomings op die pad gehad. ek moes al hoeveel keer remme aanslaan want die ander voertuig besluit om verby te steek en sien ek kom aan maar nee hys haastig en kan seker nie die afstand bepaal van hoe ver my voertuig is nie. en dit regtig helder oordag. mense verontagtsaam eenvoudig net die padreels. sterkte aan die families van hierdi ongeluk.

Erna ·

Ek gaan gereeld Ellisras toe en op baie plekke is DUBBELE SPERSTREPE… maar die word KEER op KEER op KEER geignoreer. Soos Blommie hier onder sê, dalk is die wit strepe rassisties vir party mense want jy kan maar kyk, dis gewoonlik dieselfde mense wat die reël oortree. Of natuurlik bestuur hulle sonder lisensies, of dit was dalk gekoop?

My pa het nog altyd vir my gesê “wanneer jy bestuur dink jy nie net vir jouself nie, maar jy dink wat die ou agter, voor, langs en aankomend gaan doen. Jy moet altyd dink dat hulle nie weet hoe om te bestuur nie”. En duidelik weet mense nie van basiese padreels nie.

Peet Schabort ·

En daar gaan my kommentaar teen die sperstreep verby . . .

Kowa ·

Lyk vir my of daardie bakkie nie padwaardig was nie. Die motor staan nog maar die bakkie is in twee gebreek. Bakkies breek mos nie so maklik nie.

Marous ·

Ry die pad daagliks…uitsondering as daar nie roekeloosheid is nie! 17 Km …..statistiek is skokkend!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.