Foto’s: Twee sterf in Mpumalanga-ongeluk

Die wrakke van die twee motors. Foto's: Netcare 911

Die wrakke van die twee motors. Foto’s: Netcare 911

Twee mense is Saterdagoggend dood en vier beseer nadat twee voertuie reg-van-voor in Mpumalanga gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in die vroeë oggendure op die R573 naby KwaMlanga plaasgevind.

“Na wat verneem word, het een van die voertuie glo vir ʼn stilstaande bus in die pad uitgeswaai en teen die aankomende motor gebots,” het Steinmann gesê.

ʼn Man en vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “ʼn Driejarige kind het kritieke beserings opgedoen en drie ander mense is ernstig beseer.”mpuma1

Die mense is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asjas ·

Busse begin nou al net so gevaarlik soos Taxi’s raak. Ek wens die Regering wil strenger pad reels inbring en natuurlik polisieer as dit kom by publieke vervoer.

Willie ·

Jou commin-taar maak geen sin. As die berigte bokant jou vuurmaak plek is, weerhou jouself om iets te sê.

Asjas ·

Ag ou Willie, jy begin my nou verveel. As my kommentaar bo jou vuurmaak plek is, moet dit nie lees nie. As jy niks beter het om te doen op ‘n Saterdagaand omdat jy geen vriende het nie, moet nie ‘n bekgeveg met my soek nie. Ek het nie tyd vir kinderagtige speletjies nie.

Drieks ·

Ja Asjas, dit sal darm heerlik wees as ons land ook ‘n goeie vervoer stelsel kan kry.
Politiek keer dit.
Ons bly hoop……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.