Foto’s: Twee sterf in N1-botsing

Foto: Sune van Heerden

Foto: Sune van Heerden

Twee mense is dood en een persoon is ernstig beseer nadat ‘n dubbelkajuit-bakkie en ‘n motor op die N1 sowat 25km suid van Polokwane in Limpopo gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê daar was wrakstukke oor die hoofweg versprei en dat die insittendes in die wrak vasgekeer was.

Botha sê die twee bestuurders van die voertuie is in die botsing dood. Hy sê een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Suzette McDonald ·

Hierdie ongelukke op ons paaie is vir my baie erg. ek is daagliks met my werk op ons paaie en verstom my hoe mense kan ry, veral op die plattelandse paaie. mense veronagsaam net eenvoudig dubbellyne, geen-verby-gaan strepe, en verwag die motors van vooraf moet net padgee. ek gee pad, maar wat van blinde hoogtes, en plekke wat mens net nie kan sien nie, dis mos waarom daar geen verbygaan strepe is!!! ek bid daagliks vir ons veiligheid, dis al wat mens kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.