[Foto’s] Twee vas oor groot hoeveelheid perlemoen

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mense is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn bakkie op die N2-hoofweg in Kaapstad afgetrek en op ʼn groot hoeveelheid perlemoen beslag gelê het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van die honde-eenheid was op patrollie toe hulle ʼn verdagte bakkie met getinte vensters naby Macassar opgemerk het.

“Beamptes het die bakkie deursoek, maar niks gevind nie. Nadat hulle egter ʼn rubbermat agter op die bakkie opgetel het, het hulle skroewe gesien. Hulle het die skroewe losgemaak en op twee vals kompartemente afgekom.”

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens Rwexana is verskeie plastieksakke met perlemoen in die kompartemente gevind. “Die 32-jarige bestuurder van die bakkie en ʼn 20-jarige passasier is in hegtenis geneem.”

Rwexana het gesê die verdagtes is na die Macassar-polisiestasie geneem, waar die perlemoen getel is. “Daar was 840 stukke perlemoen. Die perlemoen moet nog geweeg word, maar die waarde daarvan is aansienlik.”

Die verdagtes sal Maandag in die Strand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Tog doen die owerhede niks as hulle ingelig word dat groepe van tot 20 stropers besig is om helder oordag te stroop nie. Dit wil voorkom asof hulle wag tot die perlemoen bymekaar gemaak is en dan toeslaan op die vrag, en dit konfiskeer. Meer geld vir hulle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.